kategorieë: Blogs

Dans oor die Duine: 12 Junie

Die dokument met my 17 weke-oefenprogram lê oop voor my. Ek gaan hik! Sit-ups, Super Circuit, berge uitklim en buitebande trek oor die duine. Magnesium-aanvullings, vitamine B-inspuitings en kleiner maaltydporsies. Anette Grobler is deeglik. Hierdie avonturier het al vrou-alleen vir 28 dae langs die Skedelkus gestap. Sy ken die woestyn. En sy ken van oefen. Ek is baie dankbaar dat sy die een is wat langs my gaan stap. Vir 680 km. Van Luderitz tot Walvisbaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bali se hitte en rus is vergete. Die twee weke breek saam met my man was net genoeg om my battery te laai en myself geestelik in te stel vir hierdie volgende paar maande. Ek moet woestyn-fiks word en tussendeur hierdie maandlange ekspedisie reel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Anette het aangedring: ‘Jou reis begin reeds nou.’ Elke stukkie voorbereiding, borgaansoek en reklame is deel daarvan. Ook elke struikelblok en teenkanting. Dis soms moeilik om positief te bly. Die proses van aansoek doen vir permitte en toestemming vra van regerings se instansies en konsessiehouers het reeds in Februarie begin… en nog steeds bly sommige deure bot-toe. En dan is daar altyd die geldelike kwessie…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op ’n manier is hierdie projek ’n metafoor vir die lewe, en ek moet besluit hoe ek daarop wil reageer. Ek is maar van nature ’n pessimis. ’n ‘Glas half-leeg’ tipe meisie.

Ek hoop om aan die einde van hierdie reis ’n boek vol dagboekinskrywings vir my dogter te los. Lesse wat ek geleer het, besluite wat ek geneem het. En dat ek iewers tussendeur alles vir haar kan wys ek het geleer om die glas half-vol te sien. Ek glo hierdie hele 5 maande proses sal ’n rubikon tydperk wees. Soos my dierbare vriend oor my woestyn-stap gesê het: "Ek sien uit om die vrou te ontmoet wat in Walvisbaai aankom."

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

En ek moet sê: ‘Ek ook!’

Vir eers konsentreer ek op nòù. Melkbos se strand wag. Net 45 minute vandag, sê die oefenprogram, en ek maak my veters vas. Vergeet van die toe deure en vergeet van die finansiele druk.

Die see bly links van my soos ek Koeberg se kant toe draf en ek onthou die woorde van Uys Krige se gedig: ‘Ken jy die see Meneer? Ken jy die see? Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur en kalm soos min dinge hier benee, maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur. Dan sê jy nog Meneer, die vis is duur.’

‘Half-vol, Murray, half-vol’ knars my voete teen die nat sand…

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: blogs

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.