kategorieë: Blogs

Spieëltjie, spieëltjie …

Ek kan my kwalik ‘n lewe sonder spieëls voorstel. En skielik wonder ek of dit ‘n goeie ding is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eeue lank het mense vrolik deur die lewe gegaan sonder om vir seker te weet hoe hulle lyk, maar hierdie sorgvryheid is ons nie beskore nie. Ons word tientalle kere per dág met die (soms nare) werklikheid gekonfronteer – van die verkreukelde slaapgesiggie in die oggend tot die hangogies wanneer ons na ‘n marathonsessie voor die rekenaar wil gaan slaap. Elke wasbak moet opsluit ‘n spieël hê – jy kan nie eens in vrede tande borsel nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die eintlike knoop, dink ek, lê nie by die daaglikse ontmoetings met ons spieël-ewebeelde nie, maar by die verwagting dat daardie weerkaatsing aanvaarbaar moet lyk. En ons verwagtinge is hóóg. Die blote konsep van ‘n “bad hair day” illustreer ons beheptheid met voorkoms; dis statisties onrealisties om te verwag dat jy elke dag fantasties moet lyk. Maar nee, die massamedia en die advertensiebedryf sweer saam om ons te laat glo dat die meerderheid mense op hierdie planeet modelmooi is, en as ons tekort skiet, is dit omdat ons nie hard genoeg probeer, die regte produkte gebruik, of ons ore aan die ware kenners uitleen nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ek kom sommer terug aarde toe as ‘n primaat. Ernstig – sjimpansees, oerangoetangs en gorillas tel onder die enkele dierspesies wat die “spieëltoets” kan deurstaan. Saam met bottelneusdolfyne, moordvisse en olifante het hulle die vermoë om hulself in ‘n spieël herken. Ek het egter nog nooit gesien dat ‘n jong mamma-oerangoetang handewringend voor ‘n spieël staan en wonder hoe sy haar post-natale figuurfoute kan verbloem nie.

Min mense dink daaraan dat ‘n onderonsie met ‘n spieël noodlottig kan wees. Kyk maar na die verhaal van Narcissus – die beeldskone Griek wat op sy weerkaatsing in ‘n poel verlief geraak, en ingeval en verdrink het toe hy aan sy ewebeeld wou vat.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nee wat, ek dink ons moet spieëls baie minder ernstig opneem. Kom ons maak soos dr. Christiane Northrup, die lewenslustige Amerikaanse ginekoloog wat haarself geleer het om haar spieëlbeeld ‘n klapsoen te gee wanneer sy by die voordeur uitwaai met die woorde: “See you later, Gorgeous!”

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.