Genoeg vir 6
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }6 x 300 g lamskenkels
meel
30 ml (2 e) olyfolie
2 uie, gekap
4 knoffelhuisies, fyn gedruk
250 ml (1 k) rooiwyn
2 x 400 g geblikte heel tamaties
500 ml (2 k) hoenderaftreksel
15 ml (1 e) bruinsuiker
4 vars lourierblare
’n paar takkies vars tiemie
1 Strooi die meel oor die lamskenkels en skud die oortollige meel af.
2 Verhit die olyfolie oor hoë hitte in ’n groot swaarboom kastrol en braai die lamskenkels daarin vir sowat 2 min. aan albeikante, of tot hulle mooi goudbruin is.
3 Haaluit en houeenkant.Soteer die uie en knoffel in dieselfde kastrol tot sag en goudbruin.
4 Voeg die wyn geleidelik by terwyl jy deur en tyd roer. Skraap die geurige aanpaksels op die boom van die kastrol met ’n houtlepel af. Laat vir sowat 1 min. kook.
5 Voeg die tamaties, water, suiker en lourierblare en tiemie by. Sit die lamskenkels terug in die kastrol. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat vir 2 uur stadig prut, of tot die vleis sag is en die sous verdik het. Bedien met romerige polenta of kapokaartappels
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.