kategorieë: Ons menseBekendes

Stadsjapie van Bellville tap R795 000 af as wenner van Plaasjapie

kykNET se werklikheidsreeks waartydens stadsjapies hul sout werd moes wees as plaasjapies, het ’n nuwe wenner. In die tweede seisoen van die reeks was dit Blue Kester (39) wat stof in almal se oë geskop het toe hy die finale uitdaging gewen het. Benewens die titel as Plaasjapie kon hy ook R795 000 in sy sak steek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In die finale episode moes Blue teen Anelda Price (24) en Michelle de Waal (42) meeding in ’n uitdaging wat verskeie van die take van vorige uitdagings gekombineer het. Trappe moes met hooibale gebou word, balanseerbalke en wipplanke moes trotseer word en ’n emmer moes met die kleinste moontlike emmertjie opgevul word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Blue het die meeste van die tyd die voortou geneem en ten spyte van moedige pogings deur Anelda en Michelle, was hy die eerste om sy soutsilo oop te sluit wat hom die prysgeld besorg het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Reeds met die stadsjapies se aankoms op die twee plase, Groenkloof en Oranjezicht, was dit duidelik dat Blue met ’n eiesoortige plan speel. Waar sy hande nie altyd so besig was as wat sommige deelnemers dit wou sien nie, het hy met slim kopspeletjies bondgenootskappe gesluit wat tot aan die einde in sy guns getel het.

“Daai was 100% Game Blue. Ek het vroeg vir myself gesê ek gaan met my mind speel en nie met my hart nie. Ek moes die game strategies hard speel omdat ek geweet het ek is nie ’n fisiese threat nie,” sê hy.

Een van sy grootste strategiese skuiwe het hom so byna-byna uitgeskakel. Dit was toe hy ’n bladsy uit Riaan Snyder (30) se boek geleen het om homself die teiken te maak om uitgestem te word. Riaan wou werklik huiswaarts keer, maar Blue nie – hy het immers ’n bonus-pekelpennie in sy sak gehad.

Hy wou seker maak sy bondgenoot, Monique Hobkirk (42) bly deel van die reeks ten koste van Liovian Anderson (40) of André Mouton (44).

“Baie mag dalk nie saamstem met hoe ek die game gespeel het nie, maar dit het my veilig gehou Koöperasie-kuier ná Koöperasie-kuier en het my gevat tot in die top-3 wat dit moontlik gemaak het om te wen. En daarvoor is ek dankbaar,” vertel vanjaar se Plaasjapie.

Hy hoop ook dat daar geen kwade gevoelens van die ander deelnemers jeens hom is nie.

Dit was nie net bloed, sweet en strategie nie. Daar is ook gesels en gebraai. En natuurlik ’n paar verrassings wat opgeduik het.

“My snaaksste oomblik was om die shocked gesigte te sien toe ek veilig is gedurende die kook-uitdaging. Niemand het verwag dat ’n slaai die beste gereg van die dag gaan wees nie. Wel, niemand seker behalwe ek nie, want daai slaai was amazing!” sê Blue.

Wat hou die toekoms in vir Blue?

“Natuurlik is dit my groot droom om miskien eendag vir Survivor in te skryf.”

Maar eers gaan daardie prysgeld ingespan word vir die hoofrede waarom hy ingeskryf het vir Plaasjapie en dis om onder meer die lewe vir sy ma en ouma gemakliker te maak.

Hou die spasie dop, die kans is goed dat Blue weer een of ander tyd sy strategie teen ander deelnemers op die kassie gaan inspan.

Lees ook: Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.