Stap is goed vir jou! deur Anet Schoeman
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Stap is baie goed vir jou gesondheid. Hier is 3 redes hoekom jy sommer nou moet begin stap.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hardloop is ’n wonderlike oefening, maar die konstante impak op jou gewrigte kan sy tol eis. Stap is sagter op jou lyf en kan jou help om hardloopfiks te word.
Lees nog: Die 5 beste oefeninge wat jy by die huis kan doen
Stap verminder die impak op jou spiere, gewrigte en ligamente en verlaag die tempo van jou asemhaling en hartklop, sê Jenny Hadfield, skrywer van Marathoning for Mortals.
Aan die einde van ’n wedren is jou liggaam poegaai, veral as jy te vinnig begin het. Om te keer dat jy “uitbrand”, kan jy entjies stap sodat jou spiere en hart ontspan en dan weer hardloop.
Stap verminder ook die impak op jou lyf wat krampe kan keer. Gesoute Comrades-hardlopers sal jou vertel dat een van die groot geheime vir ’n suksesvolle marathon is om vroeg in die wedren al ente te stap om jou vir later te spaar.
Jenny beveel aan dat jy in jou naweekhardloopsessies ná elke 2 km so 30-60 sek. stap. Dit gaan jou help om groter afstande te dek wat belangrik is as jy vir ’n langer wedren wil inskryf.
Ander kenners reken dat renstap (soos op die Olimpiese Spele) ook minder impak het, maar jou net so fiks maak vir hardloop.
Kyk na hierdie video vir die regte tegniek:
Vir nog motivering, loer hier
Enige oefening is beter as geen oefening nie. Doen elke dag iets.
Lees nog:Oefen jouself jonger
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.