kategorieë: Ontspanning

40ste versnitkompetisie sorg vir groot opwinding by Blaauwklippen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klubs kry verskeie wyne en skryf dan hul finale versnit met die korrekte persentasies in om die titel as versnit-kampioen te wen en ook hul versnit in Magnum-bottels te kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Blaauwklippen is een van die oudste wynplase in Stellenbosch en dateer uit 1682. Die plaas het verlede jaar 340 se erfenis gevier en Van Loveren is ook sedert 2022 ’n trotse aandeelhouer in Blaauwklippen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Gaste is met ’n glas yskoue Blaauwklippen Cap Classique Brut verwelkom. Dis van Zinfandel-druiwe gemaak.
Die nuwe voorkoms proelokaal, Tasting House en IS Art Gallery is ’n heerlike kuierplek met ’n glas bekroonde Blaauwklippen wyn en voorslag kos uit die kombuis.

Gaste het vanjaar nie net gekom om die geleentheid van die 40ste Blaauwklippen versnitkompetisie te vier nie, maar ook om Blaauwklippen se eerste Chardonnay sedert 1993 te proe en Narina Cloete, Blaauwklippen se wynmaker en voorsitter van die beoordelaarspaneel, se sewende jaar as wynmaker daar te vier.

Grethe Kruger van Blaauwklippen en Van Loveren en Ilse Schermers-Griesel van IS Art Gallery.
Die Chardonnay is met risottoballetjies op sampioen risotto bedien.

Sy het vertel dat die Chardonnay waarmee gaste na hul aankoms kon kuier, ’n “groot oomblik vir die plaas is. Daar was beslis ’n gaping in die mark vir ’n premium wit gehoute wyn en dit was heerlik om die wyn te maak.”

Sy het vertel dat die druiwe op 14 Februarie 2022 gepluk is en toe in Franse eikehoutvate verouder is. “Ek wou ’n goed-gehoute Chardonnay maak – nie een wat oorgehout is nie, maar waar eikehout goed ingespan is om goeie balans te gee.”

Die beoordelaarspaneel het verder uit Clive Torr, Marius Lategan, die wynmaker en -konsultant, Guy Mcdonald, radio-omroeper en seremoniemeester vir die dag en Bussell Retief, keldermeester van Van Loveren, bestaan. Die wyne word almal blind geproe.

Die beoordelaarspaneel is van links, Bussell Retief, keldermeester van Van Loveren, Marius Lategan, wynmaker en -konsultant, Narina Cloete, Blaauwklippen se wynmaker en voorsitter van die beoordelaarspaneel, , Guy Mcdonald, radio-omroeper en seremoniemeester vir die dag en Clive Torr.

Marius het aan gaste vertel dat die Chardonnay nie die eerste sedert 1993 is nie, want daar is later uitgevind die druiwe vir die 1993-oesjaar, was toe eintlik ’n mutasie van Chardonnay, so die wyn in gaste se glas, is die plaas se eerste ware Chardonnay!

Narina het vertel dat vanjaar se versnit ook ’n spesiale uitdaging aan wynklubs gestel het: hulle moes ’n klassieke rooiwyn versny, wat goed kan verouder. “Die kinkel in die kabel was egter dat hulle vanjaar vier wyne ontvang het, maar slegs drie kultivars: die Merlot 2022, Petit Verdot 2022 en twee style Shiraz: een tenk heelbessie en een tenk 50/50 heelbessie en heeltros,” het sy vertel.

Die vyf wynklubs wat uit die 64 inskrywings tot die finale rondte deurgedring het, is in alfabetiese volgorde: Doktors van der Merwe (Wes-Kaap), Kempton Park Wine Circle (Gauteng), Merlotz (Wes-Kaap), Tygerberg Wine Tasting Guild (Wes-Kaap) en Venterhootsenmarkram (Wes-Kaap).

Narina het vertel dat daar vanjaar selfs ’n duplikaat versnit was en die ander vyf een of twee persent verskil het. “Dit was ongelooflik naby.”

Narina Cloete, Blaauwklippen se wynmaker en voorsitter van die beoordelaarspaneel, vertel meer oor die wen versnit.
Die wen versnit van die 40ste BCC is in Magnums gebottel.

Doktors Van Der Merwe is die jongste wynklub en was maar twee maande oud ten tyde van die kompetisie en het ook net twee lede: Melissa van der Merwe en Anreza van der Merwe, twee blonde vriendinne met PhD in Landbouwetenskap. Hul wen-versnit was Shiraz 55%, Merlot 37% en Petit Verdot 8%.

Kempton Park Wine Circle was in tweede plek. Ester Smuts het vertel: “Ons is van Boksburg, maar ons drink nie wyne uit bokse nie.” Hul klub proe wyne tussen R70 en R150 en vergader by restaurante. Hulle herhaal nooit landgoedere nie en laat net 35 mense per proe toe. Daar is ’n streng stel gedragsreëls en hulle skryf sedert 2005 elke jaar in vir die BCC.

’n Vrolike en kleurvolle slaai is saam met die hoofmaal bedien.
’n Lekker ryk lamskenkel met kapokaartappel was die ideale pasmaat vir die wen rooiwyn.

Johan Fourie van die Tygerberg Wine Tasting Guild, het vertel hul klub het in Gauteng begin, maar nadat hy in 1989 na Bellville verplaas is en hy eenmaal moes hoor toe hy Pinotage bestel: “is dit rooi of wit? En die winkel-assistent nie “jou Pinotage op die rak kry nie, maar het Cellar Cask”, het hy besluit hy moet ’n klub stig en mense opvoed.

“Die klub was baie formeel aanvankli en word een maal per maand gehou – tuis of op wynplase. Die afgelope 33 jaar het die klub al meeste plase besoek en ’n paar het selfs van 2008 tot 2011 hul eie wyn gemaak. “As jy self wyngemaak her, kan jy mense beter inlig,” het hy vertel. Hul klub het derde geeindig.

Doktors Van Der Merwe was die wen-span, met hul twee lede, Melissa van der Merwe en Anreza van der Merwe en Narina Cloete, Blaauwklippen se wynmaker en voorsitter van die beoordelaarspaneel.

In die gesamentlike vierde plek was Merlotz, met Jan Willem – ook ’n radio aanbieder – wat saam met sy suster in die klub is. Hul van is Lotz en daarvandaand die naam. Dis die eerste maal wat hulle inskryf en hul versnit se naam is Eternal Symphony.

Venterhootsenmarkram was ook in die vierde plek. Ian Venter was hul segsman. Hy het vertel die klub is ’n familie wynproe geleentheid, wat deur sy pa begin is. Dit het tans 12 lede, waarvan die jongste 18 jaar oud is. “Lede verouder tot lidmaatskap. My ma is oorlede net nadat ons ingeskryf het. Ons proe wyn oor Zoom of Teams, want ons lede woon in Amerika, Rustenburg en Kaapstad. En ons ‘proeë’ is pret – jy lag en deel en maak memories. Ons is deur my pa geinspireer en vandag is my kinders geinspireer – nie deur volume nie, maar deur die passie vir kwaliteit.”

Guy McDonald het namens die beoordelaars gesê al die wyne is baie drinkbaar nou, maar het uitstekende verouderingspotensiaal.

Narina Cloete, Blaauwklippen se wynmaker en voorsitter van die beoordelaarspaneel en Bussell Retief, keldermeester by Van Loveren. Van Loveren is ook sedert 2022 ’n trotse aandeelhouer in Blaauwklippen.

Die beoordelaarspaneel se wynproenotas oor vanjaar se wen versnit het as volg gelui: “Hierdie klassieke rooiwyn is meesterlik deur Doktors van der Merwe versny. Dit het speseryagtige pruim, donkersjokolade en ryk blomgeure op die neus. Gestruktureerde tanniene met ’n ryk middel-smaak gewig lei tot ’n deftige en voortslepende afwerking. Geniet nou of verouder.

“’n Pragtige wyn vir heilsame bredies, ’n klassieke Suid-Afrikaanse braai of om op sy eie saam met vriende en familie te geniet.”

Lees ook: Top wyne in vanjaar se Terroir-kompetisie aangewys

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

33 mins Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

2 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

18 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

21 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

23 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.