Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Vanes-Marié du Toit oor die nuwe rugbyreis-reeks, In Frans, ja!

Die Wêreldbekerrugbytoernooi skop op 8 September af en Vanes-Mari du Toit en Hamilton Wessels gaan wéér die Bokke al die pad Wêreldbeker toe volg en vir jou ’n onvergeetlike rugbyreis gee in hul nuwe reeks, In Frans, ja!, wat op 9 September om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) begin.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In 2019 het Vanes-Mari en Hamilton die Bokke in Japan gaan ondersteun. Daar het hulle die fassinerende kultuur leer ken en ’n hele rits merkwaardige mense ontmoet. In Frans, ja! beloof om selfs meer opwinding in te hou, want nou het die Bokke die kans om die trofee vir ’n vierde keer huis toe te bring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In Frankryk is daar natuurlik meer as net opwindende rugby om te geniet: wêreldberoemde wyne en kulinêre fynproewersplesiere, haute couture, kunsskatte en van die beste strande op aarde.

Dié twee gaan die Bokke vanaf Marseille na Bordeaux volg, waar hulle tussendeur bietjie gaan wynproe en hul hand aan muurkuns gaan waag: “Ons sien uit om alles te doen, te eet en te sien wat die land van die Hane te bied het.”

Daarna kyk hulle saam met die oud-Bok Flip van der Merwe in Biarritz die Bokke se wedstryd teen Ierland. Dan is dit tyd vir ’n jolige rugbybootreis met ander Suid-Afrikaners. En as alles goed afloop, sal Hammie en Vanes hopelik wéér sien hoe die Bokke die Webb Ellis-trofee lig – dié keer in Parys.

Karlien Meiring het meer oor Vanes-Marié se Afri-Franse avontuur gaan uitvind.

Hoe is dit om saam met Hamilton te werk? Hoe vul julle mekaar aan?

Dis altyd baie pret! Dit voel nie soos werk nie, ons is twee beste pelle wat saam die wêreld verken en dit op ’n trots Suid-Afrikaanse manier wil oordra. Ek en hy deel dieselfde sin vir humor, maar leef dit op verskillende maniere uit.

Is daar enige spesifieke storielyne of wedstryde wat jy veral gretig is om tydens die Rugbywêreldbekertoernooi te volg, en hoekom?

Daar was soveel gerugte dat Hammie die Wêreldbeker in 2019 gesteel het, so ons storielyn gaan in daardie rigting; om te kyk of Hammie weer die Wêreldbeker kan lig. En dan natuurlik die eerste wedstryd! Ons gaan daar wees en heelvoor sit!

As jy moes rugby speel, watter posisie dink jy sal die beste by jou pas?

Almal sê altyd vir my ek sou ’n skrummie gewees het, want ek het ’n bad attitude, ek hou nie op met praat nie en sal op die mense se koppe klim. En omdat my hare soos Faf de Klerk s’n lyk, ek is ’n langer Faf! Ek dink wel ek sou eerder agste man wou wees: Hulle is nie te veel by die skrums betrokke nie, kan bietjie met die bal hardloop en is in die middel van die aksie.

Is daar ’n Franse woord of frase wat jy die meeste geoefen het om die plaaslike bevolking tydens jul dekking te beïndruk?

Behalwe vir die algemene goed soos “Hallo” (Bonjour) en “Totsiens” (Au revoir), weet ons ook hoe om “Jammer” te sê. As jy iemand se aandag wil kry of per ongeluk aan hulle stamp, dan sê jy “Pardon” of “Excusez-moi”’. Dis die tipe goed wat ons vir die Franse gaan sê nadat ons hulle gewen het. “Pardon, ons het julle gewen.” “Excusez-moi dat julle so ver verloor het…”

Wat is jou gunsteling- Springbok-liedjie en wie is jou gunsteling- Springbokspeler?

My heel gunsteling- Springbokliedjie van alle tye is ons nasionale volkslied. Ek huil elke liewe keer wat ek dit hoor. Dis ’n emosionele lied wat vir my baie beteken. En dan kan ’n mens natuurlik nie van “Hie’ kommie Bokke” vergeet nie, ek het elke liewe woord van hierdie lied geken voordat ek my eie naam kon sê. Dis deel van my DNS. My gunsteling- Springbokspeler van alle tye moet Frans Steyn wees, nie net omdat hy ’n ongelooflike talentvolle rugbyspeler is nie, hy is ook ’n baie snaakse karakter en wonderlik mens. My gunsteling- Springbokke wat nou aan die Wêreldbeker deelneem, is die oudste en die jongste: Duane Vermeulen en Canan Moodie. Hulle is sterk leiers wat vir my hoop vir die toekoms en jong talent gee. Hulle vang vir my die essensie van Springbok-rugby vas.

In Frans, Ja! word vanaf 9 September 2023 elke Saterdagaand om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Die reeks sal ook op Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met baanbreker tydrenjaer Elvéne Vonk

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

23 hours Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

23 hours Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

23 hours Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

24 hours Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nicole en Hennie Bosman oor ‘Wanderlus’ se jongste seisoen

Hennie en Nicole Bosman van Franschhoek, ’n paartjie wie se daaglikse lewe uit die see,…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.