Kies die regte halslyn

Kies die regte halslyn

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vind uit watter vorm(s) jou figuur en bates die beste sal pas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

V-hals

As die onsekerheid jou beetpak oor watter halslyn om te kies, is die V-hals jou beste opsie. Dit lyk goed by die meeste figure en gesigvorms en kan verslankend lyk. Hierdie halslyn lyk veral mooi by diegene met ’n korter nek en breë skouers, aangesien dit die nekgedeelte verleng en die fokus van die skouers wegneem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vierkantige hals

Nes die V-hals, lyk die vierkantige halslyn ook vleiend op verskeie silhoeëtte. Dit is die ideale halsvorm as jy jou kurwes wil benadruk, hetsy jy groot of klein borste het. Dit verleng ook die nekgedeelte, wat fantasties lyk by vroue met ’n korterige nek en breë skouers.

Halterhals

Lang vroue met breë skouers sal lieflik lyk in uitrustings met ’n halterhals. Dit lei die oë na die bolyf en is geneig om die illusie van nouer skouers te skep. As jy ’n uurglasfiguur het, is hierdie ook die perfekte opsie vir jou.

Hartjiehals

Hierdie halslyn word dikwels op bruide gesien, aangesien dit alle figure vlei. Die hartvormige hals trek die aandag na die borste op ’n subtiele manier. Dit dis daarom ook geskik vir vroue met ’n kleiner borsmaat. Hierdie halsvorm is ook geneig om jou kurwes pragtig te beklemtoon. Nóg ’n voordeel van die hartjiehals is dat dit die nekgedeelte bietjie verleng.

Lees nog: Kies die regte handsak vir elke geleentheid

Boothals

Hierdie halslyn skep ’n horisontale lyn oor die skouers, en laat dus skouers groter lyk. Dis dus ideaal vir vroue met peer- en uurglasvormige figure. As jou skouers egter breër is as jou heupe kan hierdie halslyn jou figuur uit proporsie laat voorkom deur dit nog groter te laat lyk.

Uitgeholde hals

Die uitgeholde hals is geskik vir meeste silhoeëtte. As die halslyn nie te laag is nie kan dié halslyn sorg vir ‘n vleiende en vroulike voorkoms vir vroue met groterige borste. Dit laat die nek langer lyk, wat fantasties is vir vroue met ’n korter nek.

Ronde hals

T-hemde het gereeld hierdie hoë sirkelvormige halslyn. Aangesien die hals nie die nek verleng nie word dit nie aanbeveel vir vroue met ’n kort nek nie. Vroue met groter borste wat dit nie verder wil beklemtoon nie moet ook liefs nie uitrustings met ’n ronde hals dra nie. Dis is egter ’n goeie opsie vir diegene met kleiner borste. Vroue met ronde gesigvorms moet ook in ag neem dat hierdie halslyn jou gesig ronder kan laat voorkom.

Rolhals

Hierdie hoë halslyn is geneig om jou nek te verkort, en is daarom beter geskik vir vroue met ’n langer nek. Verder lyk die rolhals ook mooi op diegene met langvormige gesigte, kleiner borste en skouers wat nie verskriklik breed is nie.

Lees nog: Wenke vir gladde skoene

Woorde: Bianca Muller

Foto’s: Pexels

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

34 mins Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

18 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

21 hours Gelede

My ma se appeltert

22 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.