kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Alles wat jy moet doen voordat jy verhuis

Alles wat jy moet doen voordat jy verhuis deur Cornel Dunn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Elke keer wat ek getrek het, het ek kleiner gegaan. Dit maak die uitdaging groter maar die basiese beginsels bly dieselfde. Of jy groot of klein gaan, is daar sekere dinge wat jy in ag moet neem. Hier is ’n tydlyn van alles wat jy moet doen voordat jy verhuis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

8 Weke voordat jy verhuis

Sorteer, sorteer, sorteer.

Stap deur elke vertrek en maak elke laai oop. Besluit waarvan jy ontslae wil raak.

Om te kies is nie maklik nie. Indien jy iets vir die afgelope 3 jaar nie gebruik het nie, moet dit weg.

Verpak die spesiale items self wat jy wil saamneem vir versekeringsdoeleindes. Hiervoor het jy bobbelplastiek of sneespapier nodig.

Skenk die items wat jy nie langer benodig nie of hou ’n motorhuis-verkoping.

Huur ’n vervoermaatskappy

Kyk op die internet en kies ’n maatskappy. Maak seker dat hulle goeie verwysings het. Dit is egter die beste besluit om met iemand te gesels wat onlangs getrek het, en hulle as verwysing te gebruik. Bepaal vooraf of die maatskappy ook die inpakwerk doen. Dit spaar jou baie moeite.

Kontak jou kinders se skool

Indien jy buite die gebied gaan bly waar jy tans woon, moet jy seker maak dat die kinders plek het in die nuwe skool.

Indien jy aan ’n saamryklub werk toe behoort, doen navorsing. Hiervoor is sosiale media baie belangrik. Facebook beskik oor spesifieke areas waar jy hieroor kan navraag doen. Byvoorbeeld Durbanville gemeenskapsblad.

Lees ook: “Declutter” nou jou huis én jou lewe!

6 Weke voor jy verhuis

Kry bokse en ander verpakkingsmateriaal

Kry genoeg verpakkingsmateriaal. Jy benodig kartonhouers van verskillende groottes, plastiekverpakking en industriële kleefband.

Baie supermarkte verskaf graag gratis kartondose. Maak seker dat die bokse nie klam is nie, dit sal veroorsaak dat dit maklik breek.

Internet en foon

Maak voorsiening vir nuwe verbindings vir jou telefoonlyn en internet by jou nuwe adres. Hierdie kan jy aanlyn doen by jou diensverskaffer. Daar is gewoonlik ‘n fooi hierby betrokke.

Lees ook: Skoonheidsprodukte: Hoe om dit weg te pak, reg te pak, en weg te gooi

4 Weke voor jy verhuis

Begin solank pak

Begin met items wat jy selde gebruik soos ’n fondue-stel of swembadspeelgoed.

Hou items wat jy baie gebruik soos die TV-afstandbeheer en jou tandeborsel eenkant tot die dag van die trek.

Merk bokse wat breekware bevat as breekbaar. Daar is rooi plakkers hiervoor beskikbaar by die meeste Postnet-winkels.

Merk, merk, merk!

Merk elke houer met sy inhoud met aanwysings vir die vertrek waar dit in die nuwe huis geplaas sal word.

Moenie waardevolle items by hierdie lys spesifiseer nie. Dit vergroot die kans op diefstal.

Lys

Hou ’n lys van elke gepakte houer, sy inhoud en in watter vertrek dit behoort.

Jy kan later jou lys met jou vervoermaatskappy se lys vergelyk.

Adresverandering

Verander jou adres by jou bank en munisipaliteit. Hiervoor benodig jy jou ID-nommer asook ’n kopie van ’n rekening wat jou adres bevat.

Verf

Indien die mure baie vuil is, verf jou bestaande huis binne en maak elke gaatjie behoorlik toe. Was ook die matte.

Lees ook: 10 dinge wat jy nou in jou klerekas moet regruk

2 Weke voor jy verhuis

Doen hierdie drie dinge in die twee weke voordat jy verhuis

Bevestig met die vervoermaatskappy.

Maak elke hoekie van jou huis skoon.

Sny die gras en verwyder die onkruid.

1 Dag voor jy verhuis

Pak klaar.

Pak jou sak met genoeg klere vir een dag en sorg vir ’n selfoonbattery wat vol is.

Ontkoppel enige toebehore soos wasmasjiene, yskas, vrieskas en fiksheidsapparate.

Ontvries die yskas en vrieskas en maak dit skoon.

Hou die volgende items by jou

  • Belangrike dokumente
  • Bankkaarte
  • Medisyne
  • Foon en laaier
  • Skootrekenaar en laaier
  • Toiletpapier
  • Ekstra stel klere
  • Verversings
  • Juwele

Deel
Gepubliseer deur
Cornel Dunn

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.