kategorieë: Leef gesondGesondheid

Hou bekommernis oor jou werk jou wakker?

Hou bekommernis oor jou werk jou wakker? deur Anet Schoeman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

’n Studie in die Verenigde Koninkryk het bevind die meeste werkers boet meer as nege uur se slaap per week in weens bekommernisse oor hul werk, terwyl ’n kwart een keer per week werksverwante nagmerries het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is ‘n paar wenke vir ’n beter nagrus

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Maak ’n lysie vir perspektief

Maak vroegaand ’n lysie van al die kwessies by die werk wat jou gespanne maak. Die neerskryf van vrese verskaf soms die nodige perspektief.

2 Takel jou angstighede die volgende oggend

Pak die volgende oggend die bul by die horings en probeer om daadwerklik die bron van jou grootste angstighede te takel.

Lees nog: Hoe om ’n slaapdagboek te hou vir ’n beter nagrus

3 Tel ook jou seëninge wanneer jy skape tel

Tel jou seëninge as jy in die bed lê. Dink aan lekker tye en vreugdes om jou brein te laat ontspan.

4 Skep ’n goeie slaapritueel

Let op jou slaaproetine. Skep ’n ritueel waarin jy voor slapenstyd geleidelik begin afskakel. Bad, luister na strelende musiek, lees ’n boek, verdoof die ligte …

5 Gaan slaap en word wakker op dieselfde tyd

Probeer om elke dag op dieselfde tyd te gaan slaap en opstaan. Selfs oor naweke.

6 Vermy skerms voor slaaptyd

Bly weg van skerms soos televisie, selfoon en rekenaar. Die blou lig keer dat jy vaak word.

7 Klim later in die bed

Gaan later bed toe. As jy te vroeg gaan slaap, lê jy en tob oor kwessies wat jou net wakkerder gaan maak.

8 Slaap alleen

Slaap alleen. Dis nie baie romanties nie, maar ’n moontlikheid wanneer jy desperaat is. Ons almal beweeg sowat 50 tot 60 keer per nag en ’n metgesel kan jou steur. Troeteldiere wat by jou op die bed slaap, onderbreek sowat vyftig persent van mense se slaap.

9 Wat jy moet vermy en wat jy moet kry

Stadig met kafeïen en alkohol en kry meer oefening.

10 Knip ’n uiltjie deur die dag

Gedaan ná te min slaap? Verfris jouself deur tussen 13:00 en 15:00 ’n uiltjie van nie langer nie as 20 minute te knip.

11 Sonskyn is goed vir jou

Kry meer sonlig. Probeer om oor middagete in die son te sit, of nog beter, gaan stap ’n entjie in die sonlig sodat jy vars en wakker kan voel.

Lees nog: Hoeveel slaap het jy regtig nodig?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

18 hours Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

4 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

4 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

4 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

4 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.