kategorieë: KosWinterkos

Steak-en-niertjie-pastei

Genoeg vir 8

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 30 g botter
• 30 ml (2 e) olyfolie
• 1 kg borsstuk (brisket), in blokkies gesny
• 500 g lamsniertjies, skoongemaak en ruweg in blokkies gesny
• 60 ml (¼ k) koekmeel
• sout en peper
• 1 ui, fyn gekap
• 2 knoffelhuisies, fyn gekap
• 1 wortel, gekap
• 2 selderystingels, gekap
• 250 ml (1 k) rooiwyn
• 500 ml (2 k) tuisgemaakte beesvleisaftreksel
• 1 bouqet garni (lourierblaar, pietersielie, tiemie)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deeg
• 250 g koekmeel
• knypie sout
• 120 g botter
• 100 g roomkaas
• 45 ml (3 e) koue water

1 Verhit die helfte van die botter en olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
2 Geur die beesvleis met sout en swartpeper. Bedek met die helfte van die meel en skud die oortollige meel af. Braai die vleis in sarsies tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
3 Geur die niertjies met sout en swartpeper. Bedek met die oorblywende meel en skud die oortollige meel af. Braai die niertjies tot goudkleurig. Haal uit en hou eenkant.
4 Braai die ui, knoffel, wortel en seldery vir 5-7 min. of tot goudbruin in die oorblywende botter en olie. Voeg die vleis en niertjies by.
5 Voeg die rooiwyn, aftreksel en bouquet garni by. Laat prut vir 2½ uur oor lae hitte, of totdat die vleis sag is. Laat heeltemal afkoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Deeg
6 Meng die koekmeel, sout en botter in die bak van ’n voedselverwerker. Verwerk totdat die mengsel soos broodkrummels lyk. Voeg die roomkaas en water by en verwerk totdat dit ’n deeg vorm.
7 Druk die deeg met jou hande bymekaar en vorm in ’n plat skyf. Draai goed toe met kleefplastiek en laat vir 30 min. in die yskas rus.
8 Verhit die oond tot 200 °C. Vul ’n 24 cm-tertpan met die afgekoelde steak-en-niertjie-bredie.
9 Rol die deeg ’n paar sentimeter groter as die tertpan uit en bedek die tertpan met die deeg.
10 Versier die bokant met die oorblywende deeg.
11 Prik die deeg liggies sodat die stoom kan ontsnap, of sit ’n uitgeholde murgbeentjie in die middel van die deeg.
12 Verf die deeg met eierglaseersel (1 eier geklits met ’n knypie sout).
13 Bak vir 30-35 min. of tot goudkleurig en gaar.

Deel
Gepubliseer deur
Vickie de Beer

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.