kategorieë: Dra dit soMode

Steel haar styl: Sandra Bullock

Steel haar styl: Sandra Bullock deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Greatstock / Splashnews

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sandra Bullock is daarvoor bekend dat sy enige rol kan baasraak, maar terselfdertyd kraai sy koningin met haar koel, kalm en ontspanne voorkoms wanneer die kameralense wegdraai. Hoe kry sy dit reg?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ken jou styl

Sandra word dikwels gekiek in ’n gemaklike broek, bloes en jas – die noodsaaklike items om ontspanne maar stylvol te lyk. Tendense kom en gaan maar ’n goeie figuur bly tydloos.

Stel vas watter kleure en snitte by jou pas en hou daarby – sodoende ontwikkel jy ook ’n eie styl. Wanneer ’n gewilde modetendens kop uitsteek, kan jy eksperimenteer, maar terselfdertyd jou kenmerkende styl behou.

Lees ook: 10 wenke wat jou figuur sal vlei

’n Maksirok is ’n vinnige manier om veelsydige voorkomste te skep. Sandra het ’n patroonryke styl gekies met ’n romantiese valletjie. Die res van haar voorkoms is minimalisties, wat alle fokus op die rok plaas. Hoewel die fokus op die kleurryke rok is, gee die deurlopende swart ondertoon van die uitrusting ’n stylvolle afronding.

Lees ook: Dra jou winteritems in die somer

Sandra Bullock. Greatstock/Splashnews

Moeite met gemak

Sandra is ’n goeie voorbeeld dat deftig nie noodwendig ongemaklik beteken nie. Selfs op die rooi tapyt sal jy haar in ’n uitrusting sien waarin sy gemaklik beweeg en voel.

As jy nie van baie hoë hakke hou nie, kan jy dit die somer vir ’n dikker blokhak of wighak verruil.

Indien jy ’n informeler styl wil skep, is tekkies altyd ’n wenner. Maar hou dit in ’n neutraler kleur om by jou voorkoms in te smelt. Swart tekkies kan die oë na jou voete trek, wat die fokus van jou rok wegneem.

Lees ook: Skud die jare af met hierdie slim truuks

Bykomstighede

Soms is dit selfs meer elegant om geen bykomstighede te hê nie as om ’n hangertjie uit sy plek te dwing. Gee die blink en oordadige ontwerpe ’n blaaskans en belê in ’n fyner klassieke style. Bypassende metale is hier belangrik – laat jou goue kettinkie by jou goue oorringe pas; minimalistiese pêrels werk ook goed.

Lees ook: 5 moderne maniere om pêrels te dra

Sandra hou van haar sonbril, wat ’n styl op sy eie kan skep. ‘n Sonbril is ’n lekker manier om avontuurlustig te wees sonder om dit te oordryf. Hier hou Sandra dit tydloos met die ronder swart raam.

Lees ook: Die eenstuk – ’n item vir elke seisoen

Rok en baadjie: Witchery
Hakskoen en handsakkie: Ted Baker
Sonbril: Maui Jim
Horlosie: Michel Herbelin beskikbaar by Luxco Importers

Nog items wat baie goed by hierdie styl sal pas

Tekkie (R499) Old Khaki

Maksirok (R899) Zara

Leerbaajie (POA) H&M

Lalune-sakkie (R1 500) OnYva

Blokhaksoen (R550) Queenspark

Verbruikersgids

H&M

Luxco Importers

Maui Jim

Old Khaki

OnYva

Queenspark

Ted Baker

Witchery

Zara

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

42 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.