kategorieë: Dra dit soMode

Steel Kate Middleton se styl

Kate Middleton se klere is stylvol, klassiek en verfynd, en sy dra telkens die gepaste uitrusting vir elke geleentheid. Tydens haar en manlief, Prins William, se onlangse besoek in New Dehli om koningin Elizabeth se 90ste verjaardag te vier, het Kate die koppe laat draai in ’n swart-en-wit rok wat deur Alice Temperly ontwerp is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die stempel van dié voorkoms is elegant en vroulik en die rokke in jou klerekas moet ’n vlyende, klassieke snit wees. Alhoewel Kate se ikoniese styl die kniehoogte klokrok is, het sy hier die eg-Indiese gevoel aangeneem met ’n mendhi-patroon. Dit word saam met eenvoudige swart ooptoon-hakskoene, aandbeursie en kandelaar-oorbelle afgerond. Met die rok as die fokuspunt, is dit duidelik dat Kate haar bykomstighede eenvoudig gehou het. Die swart, regaf strepe beklemtoon haar vietse lyf en gee ’n slankende voorkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kate bewys dat jy nie altyd iets blinks hoef te dra om ’n indruk te maak nie en dat eenvoud dikwels meer bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#rooirosewenk

Die ikoniese klokrok is ’n wenner om jou middel te beklemtoon, maar bied steeds speelse bewegings met elke tree. Rond dit af met ’n paar klassieke punt-hakskoene om jou bene daardie slankende voorkoms te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit
Tags: bekendes

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.