kategorieë: TrendsMode

Ons gesels met Stefania Morland

Wat is tot dusver die mooiste herinnering van jou loopbaan?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar was al soveel wonderlike tye in my loopbaan. Van die dag wat ons boetiek se deure geopen het, het ons lojale kliënte gewerf. Hierdie kliënte koop steeds op ’n gereelde basis by ons winkel. Die konneksies wat ek met elke persoon maak, is van onskatbare waarde. Dit is heerlik om deur my verskeie uitrustings vir hulle die geleentheid te gee om vroulik, elegant en sjiek te voel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is die inspirasie agter jou Lente-Somer 2014/15-versameling?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Vermenging van die Harajuku-styl wat uit Japan se jeugkultuur ontstaan het, is die inspirasie vir die reeks. Tradisionele Japanese styl word met moderne items gekoppel met flambojante en kinderlike speelsheid. Baie helder kleure en patrone is betrokke. Dit is die uitbeelding van elke persoon se jeugdigheid en individualiteit. Solank die eindproduk harmonieus is.

Wat is jou gunstelingitem in die versameling?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is baie unieke en spesiale items in die versameling. Die meeste van die ontwerpe is enig in hul soort met hope gedetailleerde handewerk.

As jy 24 uur in die Kaap kan spandeer, waarmee sal jy jouself besig hou?

Ek sal verseker ’n koffie geniet in een van Kaapstad se vele koffiewinkels. ’n Stappie deur die stad met al sy kosmopolitaanse mense, eetplekke en winkeltjies sal my aandag vir die oggend aangryp. En ek sal beslis nie ’n besoek aan Tafelberg, Leeukop en die pragtige strande misloop nie.

Wat is jou insigte aangaande Kaapstad wat as die Wêreld Ontwerpstad vir 2014 aangewys is? Neem jul handelsmerk deel aan die inisiatief?

Dit is ’n wonderlike geleentheid vir die stad. Daar is hope kreatiewe individue in Kaapstad en dit is hoogtyd dat hulle talente aan die wêreld gewys word. Ons is tans nie betrokke by enige projekte nie, maar daar is steeds tyd!


Een van Stefania Morland se pragtige skeppings.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.