rooi rose se lesers kry 20% afslag op bestellings tot en met 30 Junie 2025. Gebruik die kode rooirose20 vir aanlyn bestellings by www.stonecamp.co.za of kontak Liesel by 083 287 3593
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Hoe ’n vrou lyk en voel, beïnvloed haar gemoed, sê Letitia Fly en Liesel Jansen van Vuuren, Stonecamp se eienaars. Hulle glo as vroue se uitrustings vir hulle ’n bietjie ekstra selfvertroue gee, dit ’n positiewe invloed op die hele omgewing om hulle het. Dis immers duidelik as vroue opdaag by die skool, by die werk, langs die sportveld en wanneer hulle saam met vriende ontspan. En natuurlik ook vir ’n selfie waarin jy op jou beste op Instagram lyk!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Stonecamp Leather het tien jaar gelede in Pretoria begin. Letitia was op soek na ’n leerhandsak wat prakties, uniek en anders is, maar nie buitensporig duur is nie. Sy het ook ’n kreatiewe uitlaatklep gesoek, weg van die korporatiewe uitdagings van haar werk. Met die hulp van ’n klein span leerkunstenaars is Stonecamp relatief vinnig in die middestad gebore.
Letitia se passie vir gehalteleer kom van haar kinderdae af. Haar ouers, wat buite Carnarvon in die Karoo boer, is mal oor leer en het haar aan sagte skaapleer (nappa) blootgestel. Een van hierdie velle is gebruik om die eerste Stonecamp-handsak te maak.
Ná vele “gazebo-dae” waar hulle by elke moontlike mark verkoop het, vervaardig Stonecamp hul produkte vandag in die Kaap en bemark hulle meestal aanlyn.
Toe Letitia en haar gesin in 2022 na Switserland verhuis het, het sy gou besef dis nie moontlik om ’n onderneming in Suid-Afrika alleen van daar te bestuur nie. Letitia het ’n oplossing gevind in ’n mede-Pretorianer, Liesel Jansen van Vuuren, wat in 2023 ’n aandeel in Stonecamp gekoop het. Met haar finansiële agtergrond bring Liesel ’n vars perspektief en vaardighede na die onderneming wat van Letitia se bemarkingsagtergrond verskil.
Hul doelwit is om jou selfvertroue ’n hupstoot te gee wanneer jy met ’n unieke Stonecamp-sak by die deur uitstap. Daarom skep hulle praktiese, veelsydige handsakke vir vroue met groot drome wat baie rolle vertolk: die korporatiewe ghoeroe, #momlife, entrepreneur, lewensmaat, dogter en vriendin. Hulle vervaardig gereeld prettige, buitengewone kleurkombinasies en glo daaraan om net ’n beperkte hoeveelheid van elke produk te maak. Massaproduksie is nie iets waarin hulle glo nie.
Letitia en Liesel geniet dit om opwindende kleure en patrone te kombineer en hou Europese modes dop vir neigings en inspirasie wanneer hulle aan nuwe ontwerpe werk. Uitstekende kliëntediens is vir hulle ononderhandelbaar: herstelwerk is gratis en hulle is mal daaroor om foto’s van gelukkige kliënte te sien!
“Ons mors niks. Elke laaste sak word verkoop,” vertel Letitia en Liesel. Stonecamp skep klein hoeveelhede van elke kleur en ontwerp. Hulle bied selfs die herverkoop van ligte, gebruikte sakke van kliënte aan: “pre-loved” is groot mode en meer volhoubaar.
Stonecamp gebruik sover moontlik plaaslike verskaffers. Hulle ondersteun ook ander klein ondernemings met oorgawe: As ander kleinsake-eienaars om hulp vra oor bemarking, vervaardiging en verskaffers, deel hulle graag hul kennis en ervaring. Hulle voel sterk daaroor om aan te hou plaaslik vervaardig om die hele gemeenskap met wie hulle werk te ondersteun.
Stonecamp het ook die afgelope tien jaar aan die gemeenskap teruggegee. Plaaslike kunstenaars het T-hemde ontwerp wat deur Stonecamp verkoop is. Die fondse is gebruik vir kwessies wat Letitia en Liesel na aan die hart lê, onder meer skole in landelike gebiede en kankerpasiënte in die platteland wat basiese benodigdhede kort. Verder ondersteun hulle ook informele ondernemings wat geskenksakke uit ou tentmateriaal maak. Stonecamp is altyd op soek na maniere om te help.
Letitia en Liesel is passievol daaroor om vroue gelukkig te maak, goed te laat voel en hulle te inspireer: “Ons wil Stonecamp verder in Suid-Afrika groei en die internasionale mark blootstel aan die uniekheid in gehalte van ons handelsmark. Enigiets is moontlik – dis ons boodskap aan die gemeenskap met wie ons saamwerk, die vrou wat by die deur met ’n Stonecamp-sak uitstap en ’n jong entrepreneur wat ’n nuwe onderneming begin.”
rooi rose se lesers kry 20% afslag op bestellings tot en met 30 Junie 2025. Gebruik die kode rooirose20 vir aanlyn bestellings by www.stonecamp.co.za of kontak Liesel by 083 287 3593
Waar rustigheid, vrede en liefde heers Hulle het op die stel van ’n…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Die wynwinkel, Wine Concepts se takke, het…
Hierdie basiese winterpastei bevat beesskenkels en word met skilferkorsdeeg gemaak. Stook solank die kaggel, gooi…
Begin reeds die vorige dag met die deeg, want dit moet oornag in die yskas…
In episode 4 van kykNET se Die brug, net nadat Noord- en Suidhuis begin het om…
Daar is kunstenaars wie se woorde bly vlam vat lank nadat hul stem stil geraak…
Hierdie webwerf gebruik koekies.