Strooikussings wat ooreenstem met die bank is 80’s en outyds! Strooikussings is die ideale manier om al die kleure en patrone in ’n kamer saam te voeg. Probeer om pret te hê met jou keuse van strooikussings. Gebruik dit om kleur, tekstuur en patrone te meng en ’n tema te skep wat ’n ware weerspieëling van jou eie persoonlike gevoel en styl is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Strooikussings kan ’n spasie verander, afhangende van waar dit geplaas word. Jy kan groepies van verskillende groottes saam plaas, of vir ’n meer eenvormige voorkoms kan jy kussings kies wat almal dieselfde grootte is. Wanneer die kussings in groepe verdeel word, groepeer dit in pare of onewe getalle. Dit is ook ’n goeie idee om die kussings op ’n manier te rangskik waar daar ’n soort simmetrie in die reëling vir optimale visuele impak is.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die keuse van een of twee soliede kleure werk goed, of anders kan jy twee verskillende patrone of teksture kies vir ’n effektiewe en opvallende voorkoms. Maak seker dat jy altyd kleure kies wat met jou bank ooreenstem, maar harmoniseer dit met jou vloerbedekking, gordyne en ander dekor-elemente.
Vir meer tradisionele dekor, is dit die beste om te hou by ’n eweredige hoeveelheid strooikussings. Die maklikste manier om dit te bereik is om twee ooreenstemmende soliede kleure te kies en dit in die hoeke van die bank te plaas. Kies dan twee kleiner ooreenstemmende patrone en plaas dit voor die twee groter kussings. Vir ’n driesitplek-bank, kies vyf verskillende strooikussings met verskillende patrone en ander bypassende eienskappe.
Lees ook: 5 maniere om kamers groter te laat lyk
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.