Stroopsoet is stout: Eet minder suiker

Stroopsoet is stout: Eet minder suiker deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die sosiale kant van die somervakansie of langnaweke stoot ’n mens alte maklik terug in die web van suikerlus. Maar teen dié tyd het ons almal al die boodskap gekry: ons moet suiker sny.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy al probeer het, weet jy dit is nie so maklik nie. Is jy dus lui en sonder ’n greintjie wilskrag? Nee, glad nie. Die feit is dat jy teen die supermag van suiker stry. Ons is gebore met die vermoë om suiker as gesond te herken. Moedersmelk is soet, en van jou eerste oomblik ken jy soet as gelyk aan lekker, gesonde kos. “Soet” smake van veldkos beteken gewoonlik dit is veilig om te eet, terwyl suur en bitter smake op bederf en gifstowwe dui. Jou bréin vertel jou soet is goed.

Die voedselbedryf manipuleer hierdie natuurlike geneigdheid en gooi suiker by so te sê alles sodat jy van hul produkte sal hou en bly koop … en hul geldjies laat inrol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is nie maklik om jou los te wikkel nie maar jy kán.

Ons gebruik nou byna twee keer meer suiker as dertig jaar gelede – gemiddeld 17 teelepels suiker per dag elk

Wat is die beste: doodstop of afspeen?

Bekende suikerteëstanders, soos die Real Food Revolution, beveel doodstop aan. Al kweek suiker nie afhanklikheid soos sigarette nie is dit ook ’n biologies gedrewe drang wat deur hormone soos insulien en neuroboodskappers in jou brein aangevuur word. Dit is nie ’n mak lammetjie nie.

As jy net suiker verminder, bly jy die vuurtjie stook, sê hulle. As jy wil wegkom van suiker moet jy álle suiker los – vrugtesappe, soet jogurt, suikerversoete koeldranke, lekkergoed, gebak, heuning, koelers – en selfs vrugte.

Sarah Wilson, skrywer van I Quit Sugar, meen dit is makliker om suikerverbruik oor twee weke te verminder voor jy heeltemal stop. Dit vergemaklik die stres van ophou as jy reeds baie minder suiker in jou gestel het.

Die WGO laat ’n bietjie suiker toe – tot sewe teelepels suiker per dag. Suid-Afrikaanse dieetkundiges onderskei tussen “vry” suiker – die wit korreltjies wat by kos en koeldranke gevoeg word – en “gebonde” suiker soos dit in vrugte en groente as gebind aan die veselkomponent voorkom, en sê dat jy vry suiker moet afskaal of uitskakel.

Die Britse NHS se amptelike aanbeveling lyk so:
• 7 teelepels per dag vir almal bo twaalf
• 5 teelepels per dag vir kinders van sewe tot elf
• 4 teelepels per dag vir kinders van vier tot ses
• Daar is nie ’n aanbeveling vir kinders onder vier nie, buiten dat hulle nie aan soetgoed gewoond moet raak nie.

Lees ook: Is dit tyd om die vas-dieet te probeer?

Wat om te kies?

Kyk hoe jy vaar. As jou suikertand altyd wen, is jy waarskynlik ’n “alles of niks” suikergebruiker. Dit sal op die lang duur makliker wees om suiker heeltemal uit te skakel.

Het jy geweet? Versoeters is baie soeter as suiker en hou so jou suikertand in stand

Hoe naby aan 50 teelepels suiker ’n week kom jy?

Gebruik hierdie oulike grafiek en werk uit hoe naby jy aan 50 teelepels suiker ’n week jy kom.

Bestaan suikeronttrekking regtig?

Beslis. Anders sou almal suiker met gemak opgegee het.

Byna almal wat suiker opgee, ervaar ’n vorm van onttrekking – ’n knaende, dwingende, oorweldigende lus vir “iets”. Baie voel moeg, tam en/of buierig. Jy sal beslis nie die eerste dag gesonder en helderder voel nie. Dit kom later.

Sarah Wilson verduidelik dat die suikergewoonte oor baie jare neurale paadjies in jou brein gevestig het. Jou nuwe eetstyl moet nuwe paadjies bou. Tot dit gebeur, laat die ou paadjies jou na suiker smag.

Die gelukkiges mis suiker vir twee tot drie dae, terwyl ander tot ses weke neem voor hulle vry is van enige drang na suiker.

Lees ook: 10 dinge wat jy nou kan doen om slegte gewoontes hok te slaan

Suikerplaasvervangers of nie?

Dankie tog vir kunsmatige versoeters. Die nuwes laat alles net so lekker proe. En dit laat jou suikersomme klop. Een koppie melk-en-vrugtesap met vyf teelepels suiker daarin slurp op een slag byna jou hele toelaag van sewe teelepels vir die dag op. Maar ’n koppie kunsmatig versoete sap bevat byna niks suiker nie. Jy het nog jou volle sewe teelepels suiker oor vir ’n klein sjokolade of roomys, as jy besluit het op minder suiker eerder as geen suiker nie.

Maar nie so haastig nie, sê dr. Anthony Komaroff van Harvard.

Plaasvervangers hou jou suikertand in stand. Versoeters is duisende keer soeter as suiker. As jy suiker hiermee vervang, kan jy ’n selfs groter soetliefde aanleer. Dan smaak gewone gesonde kos soos wortels en appels flou. Jy gaan al meer versoeter gebruik, of selfs minder gesonde kos eet omdat dit vir jou vaal smaak.

Die ideaal is dat jy jou suikerliefde afleer en suiker én versoeters aflê. Jou suikertand is “gesond” as ’n gewone appel vir jou stroopsoet proe; jy is in die moeilikheid as dit laf proe.

Kyk jy suiker in gekoopte kos mis?

Jy sien dit gereeld op gesondheidsprodukte: “geen suiker bygevoeg”. As dit sonder kunsmatige versoeters lekker soet proe, kan jy jou laaste sent daarop sit dat dit suiker in anders vorms bevat wat ewe nadelig is. Kyk die etiket deur vir een van die 56 skuilname vir suiker.

• Wees op die uitkyk vir enige soort stroop soos corn syrup, high fructose corn syrup, agave syrup, maple syrup, carob syrup, rice syrup of golden syrup.
• Wees op die uitkyk na enige bestanddeel wat met -ose eindig, wat op die chemiese naam vir suiker dui, soos fructose, glucose, maltose, dextrose, lactose of isoglucose.
• Wees op die uitkyk na enige soort sap, soos fruit juice, reconstituted fruit juice, grape juice of evaporated juice.
• Wees op die uitkyk na suiker van ander vrugte soos beet sugar, date sugar, cane sugar, grape sugar, invert sugar, demerara sugar, castor sugar, confectioners’ sugar, grape sugar of natural sugar.
Nog ’n paar: caramel, malt, molasses, nectar, honey en agave.

Lees ook: 41 ander woorde vir suiker op kosetikette

5 Maklike dinge wat jy nou kan doen om minder suiker te gebruik

1. Raak prakties

Maak jou koskas en yskas skoon.

Pak die suiker, konfyte, heuning, strope, suikerversoete pap, gaskoeldranke, koeldrankstrope, jellie, souse soos tamatiesous, blatjang en soetrissiesous ver weg – of gee dit weg. Onthou die suikerversoete jogurt, ystee en vrugtesap in die yskas.

2. Kry resepte waarvan jy hou

Wat gaan julle nou eet? Ander mense het mos al die dinkwerk gedoen. Kry vir jou ’n resepteboek soos ons kosredakteur, Vickie de Beer, se My Low Carb Kitchen, Die Kosrevolusie van Tim Noakes of I Quit Sugar van Sarah Wilson. Of loer in by die suikervry webwerwe – onder meer op rooirose.co.za

Soek resepte wat in jul behoeftes kan voorsien. Dalk het jy ’n paar resepte nodig vir snoepgoed en nagereg? Of moet jy nuut kyk hoe jy geurige groente sonder suiker maak? Het jy ’n suikervrye mayonnaise nodig? Hoe kan jy jul ontbyt verander van kitspap en versoete jogurt na suikervrye, maklike en voedende opsies?

Lees ook: Die dieetgeheim waarvan almal moet weet: Porsiegroottes

3. Kry jou nuwe gesonde voorrade

Grond jou inkopielysie op jou resepte. En maak reg vir ’n finansiële verrassing – jy gaan baie geld spaar! Goeie en vars basiese bestanddele soos eiers, groente, melk, vleis, hoendervleis, vis, kaas, hawermout, Bulgaarse jogurt, kruie en neute kos baie minder as al die duur, verwerkte en boonop ongesonde kosprodukte.

150 jaar gelede het niemand suiker geken nie. Vandag eet ons tot 1 kg suiker per week

4. Sorg vir jou staatmakerhappies

Wat as ’n suikerlus jou oorval? Hou ’n paar goedjies byderhand, soos suikervrye koeldrank, gegeurde water, grondboontjiebotter en kaaswiggies.

5. Kies, kies, kies!

Die ander groot uitdaging is om elke dag konsekwent suikervry te bly kies.

’n Paar wenke:

  • Leer hou van koffie en tee sonder suiker
  • Drink net een dag lank jou warm drinkgoedjies sonder suiker. Gebruik die volgende dag die helfte van die suiker wat jy gewoonlik gebruik en proe. Dit smaak soet genoeg, nè? Herhaal ná twee weke, tot jy niks – of dalk net ’n knypie – suiker drink.
  • Kies altyd die suikervrye opsie – veral drinkgoed
  • Oppas vir drinkgoed by restaurante. Die meeste soorte ystee, melkskommels, drink-sjokolades, lattés en spesiale koffies is propvol suiker. Bestel ’n groot beker water vir die tafel, en drink dit.
  • Drink jou drank skoon, met water en ys
  • Alkoholiese koelers en mengeldrankies bevat geweldig baie suiker. Jy is beter af as jy drank soos vodka, whisky, tequila en brandewyn liewer skoon met water en ys drink.
  • Kies minder soet gebak. Hoe soeter dit proe hoe meer suiker is daarin. Skons het byna geen suiker in nie. Gebakte kaaskoek en muffins het minder suiker as suurlemoen-meringuetert en koeksisters; beskuit is ’n laer-suiker keuse as fudge.
  • Bak slim: Jy kan die suiker in die meeste resepte met ’n kwart sny, sonder dat dit pla. Pleks van versiersuiker op koek, sif versiersuiker oor of rond dit met vars vrugte af. Strooi net kaneel oor melktert, nie kaneelsuiker nie. Vul pannekoek met gestoofde appels en kaneel, eerder as kaneelsuiker.
  • Kook net so slim: Moet jy regtig soetpatats maak en suiker of vrugtesap by jou wortelslaai gooi?

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.