kategorieë: Dra dit soMode

Stylvolle horlosies

Sportief

’n Sportiewe styl kan in nog onderafdelings verdeel word, bv. in oefen, modieus, ens. Die styl word uitgeken aan sy groot gesig en syfers sodat jy maklik die tyd kan lees. Daar is dikwels ook ander funksies (datum, stophorlosie) vir veelsydige en praktiese gebruik. Dit is effens meer bonkig as jou standaard vrouehorlosie, maar het steeds ’n elegante voorkoms. Rubber- of silikoonbandjies is baie gewild onder hierdie styl, omdat dit baie beweeglik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Klassiek en tydloos

Minder is meer met hierdie styl, maar dit beteken nie dit is vervelig nie. Die klassieke ontwerpe word deesdae met verskeie teksture opgekkiker maar behou steeds sy simplistiese ontwerp. Die kenmerkende silhoeët met die ronde gesig en maklike leesbare syfers gee ’n elegante afronding aan enige voorkoms en sal inpas op enige plek in die tydlyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vroulik en fyn

Hoewel hierdie ontwerp soortgelyk is aan die klassieke styl, is die vroulike styl uitkenbaar deur sy polsbandjie wat effens smaller is –  vir ’n fyner voorkoms. Dit word dikwels met die tradisionele vroulike elemente soos diamante op die raampie van die gesig versier en die bandjies bestaan hoofsaaklik uit leer of ’n ketting-ontwerp wat die horlosie meer na ’n armband laat lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Buitengewoon

Maak ’n horlosie jou fokus-item deur ’n styl te dra wat die koppe sal laat draai. ’n Verskeidenheid vorms, kleure en patrone laat jou toe om ’n pasmaat vir jou persoonlikheid te kry. Jy kan hierdie styl dikwels uitken deur ’n buitegewone gesigvorm. Die ontwerp is nie altyd maklik leesbaar nie, wat bewys dat hierdie styl hoofsaaklik ’n mode-item in plaas van ’n tydlees-item is.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.