kategorieë: WenkeMode

Stylwenke vir die partytjieseisoen

Stylwenke vir die partytjieseisoen deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Witchery

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Helder kleure

Helder krytkleure is hoogmode vir die somer. ’n Romp met plooie is hier om te bly en jy kan ook nooit verkeerd gaan met ’n mooi rooi nommertjie vir ’n aandgeleentheid nie. Hierdie een met ’n effense glans maak hom perfek vir die aand. Hou jou bykomstighede minimalisties vir ’n klassieke voorkoms.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Dra helder kleure só

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Die broek

Nie almal van ons hou van ons lywe in ’n rok nie. Gelukkig is daar meer as genoeg broeke wat vir die dag tot aand geskik is. Dra verskillende teksture saam om die uitrusting interessant te hou.

3 Lang rok

Jy het ’n lang rok nodig as die uitnodiging op formeel aandring. Transformeer jou rok met swart bykomstighede wat die perfekte pasmaat vir smaraggroen is. Dié styl sal ook nie net in jou kas hang en wag vir die volgende formele funksie – jy kan dit dit meer informeel dra saam met sandale en ’n bonkige drasak.

Lees ook: 5 rokke wat jy nou moet dra

4 ’n Bietjie blink

Blink materiale tree op as die neutrale elemente vir ’n partytjieseisoen. Gee die uitrusting ’n moderne kinkel met die swart leerbaadjie.

Lees ook: Die beste grimeervoorkomste vir die feestyd

5 Staatmaker met ’n kinkel

Soos Karl Lagerfeld sê – Jy kan nooit té formeel of informeel in ’n swart nommertjie lyk nie. Dit sal altyd die veilige opsie wees as jy onseker oor die dragkode is. Hoewel hierdie item altyd ’n wenner is, probeer ’n slag een met detail soos vere, kant of plooitjies.

Lees ook: Haarstyl-inspirasie vir die feestyd

6 Slooprok

Die negentigerjare se modetrends is terug en daarmee saam word die swart slooprokkie oral gesien. Deel van hierdie tendens is om ’n t-hemp onder slooprokke en kamisole te dra. Dit is goeie nuus vir diegene wat nie aanhangers is van bandjielose bra’s nie of wat verkies om nie te veel vel te wys nie.

Lees ook: 16 maniere om geld te spaar op jou klerekas

Terug na die 90s: Wat is jou Spice Girls-styl?

7 Skitterend

Van Kersfees- tot Nuwejaarpartytjies, in ’n blinkerrok sal jy die lewe van die partytjie wees en niemand gaan jou kan miskyk nie. ’n Goeie alternatief is om ’n blinkerbaadjie by ’n effekleurige rok of broek te dra.

Lees ook: Doen dit self: Ombré-naels

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.