kategorieë: KalenderOntspanning

Hou die kinders besig: Wat wys nou in die fliekteaters?

Hou die kinders besig: Wat wys nou in die fliekteaters? saamgestel deur Cornelia Postma. Hooffoto: Geber86/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

The Grinch

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Grinch en sy lojale hond Max voer ’n eensame bestaan binne in ’n grot op Mount Crumpet. Sy hoofbron van bitterheid is Kerstyd, wanneer sy bure in Whoville die vakansietyd met ’n knal vier. Wanneer die Whos besluit om Kersfees nog groter en helderder te maak, besef die humeurige Grinch dat daar net een manier is om weer vrede en stilte te  bewerkstellig. Met die hulp van Max beraam die groen knor ’n plan om hom as Kersvader voor te doen, en dan Kersfees te steel en die Whos se vakansiegeluk eens en vir altyd stil te maak.

Die rolprent is nou in teaters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kreatiewe Kersaktiwiteite vir kinders

Ralph Breaks the Internet: Wreck-it Ralph 2

Ralph en misbaksel van ’n metgesel Vanellope von Schweets moet ’n epiese tog waag deur die wêreldwye web om na ’n plaasvervanger te gaan soek ten einde Vanellope se rekenaarspeletjie, Sugar Rush, te red. Hulle spring halsoorkop weg en moet op die inwoners van die internet, die netizens, staatmaak om hulle te help navigeer. Hulle loop daar ook ’n entrepreneur raak, Yesss, wat die hoof-algoritme is en die hart en siel van die rigtinggewende webtuiste BuzzzTube.

Die rolprent is nou in teaters.

The Nutcracker and the Four Realms

Jeugdige Clara het ’n magiese, enige in sy soort sleutel nodig om ’n kis oop te sluit wat ’n kosbare geskenk bevat. ’n Goue draad lei haar na die verlangde sleutel, maar dit verdwyn in ’n vreemde en geheimsinnige parallelle wêreld. Daar ontmoet sy ’n soldaat genaamd Philip, ’n groep muise en ’n vors wat regeer oor drie koninkryke. Clara en Philip moet nou die vierde ryk betree om die sleutel te kry en weer die harmonie te herstel wat in die land versteur is.

Die rolprent is nou in teaters.

Lees ook: Die lekkerste vakansieprojekte vir kinders

Spider-man: Into the Spider-verse

’n Tiener, Miles Morales, word deur ’n radio-aktiewe spinnekop gebyt in die Brooklyn moltreinstasie. Hierna ontwikkel hy skielik geheimsinnige kragte wat hom verander in Spiderman. Wanneer hy egter vir Peter Parker ontmoet, besef hy dat daar meer is wat sy hoog-vlieënde talente deel. Miles moet nou sy nuutgevonde talente gebruik in die stryd teen die bose Kingpin, ‘n reuse misdaad-baasbrein wat poorte kan open na parallelle wêrelde.  Daar moet Spiderman hom elke keer van vooraf  aanpak in ’n stryd wat skynbaar geen einde het nie.

Die rolprent  is nou in  teaters.

Instant Family

Wanneer Pete en Ellie besluit om met ’n gesin te begin, word hulle in die wêreld van kinderaanneming ingesleep. Hulle hoop om een kleintjie aan te neem, maar wanneer hulle drie kinders ontmoet, waarvan een ’n rebelse 15-jarige meisie, bevind hulle hul oornag as ouers van ’n groot gesin. Pete en Ellie moet skielik kenners word van kitsouerskap in die hoop om almal as ’n gesin saam te kan voeg.

Die rolprent is nou in teaters.

Fantastic Beasts: The Crimes of Grindelwald

In ’n poging om Grindelwald se planne om ware bloed-hekse groot te maak om die wêreld van nie- magiese mense te stuit, het Albus Dumbledore die jong student Newt Scammer gevra om hom te help. Sonder om van die gevare te weet stem hy in. Lyne word getrek as liefde en lojaliteit getoets word, selfs onder die opregste vriende en familie, in ’n groeiende skeiding van ’n magiese wêreld. (Hierdie fliek is vir ouer kinders bedoel.)

Die rolprent is nou in teaters.

Mary Poppins Returns

Die geheimsinnige Mary Poppins keer terug uit Depressie-era Londen om by Jane en haar broer Michael, nou ’n pa van drie kinders, te kuier, en help hulle om weer die vreugde te vind wat hulle as kinders geken het.

Die rolprent kom 25 Desember uit.

Elliot the Littlest Reindeer

Wanneer Blitzen skielik sy aftrede aankondig, moet Kersvader ’n plaasvervanger kry. Die miniatuurperdjie Elliot en sy beste maat, Hazel, gaan uithaal om te wys hy is die een vir die pos. Terwyl Elliot en Hazel regmaak om deel te neem aan die rendierproewe, leer Hazel dat Kersfees, soos ons dit ken, op pad is om ’n ramp te word. Intussen is daar nog ’n komplikasie wanneer ’n vieslike vrou besig is om die lewens  hul vriende te bedreig, en Elliot gekonfronteer word met die grootste keuse van sy lewe.

Die fliek draai vanaf 14 Desember.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

7 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.