kategorieë: InspirasieJou lewe

My Suid-Afrikaanse storie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

My Afrikaanse erfenis, veral soos deur my ma verpersoonlik, is gekenmerk deur warmte en omgee. Of ek nou van die skool af tuisgekom het, of – heelwat later – saam met my eie kinders by haar gaan kuier het, sy sou ons vasdruk en uitvra oor elke klein aspek van ons lewe. Elke gereg wat sy voorberei het, was deurspek met haar  bedagsaamheid, en elke koppie vroegoggendtee sou ’n klein blommetjie op die piering hê, spesiaal vir jou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek het in Pietersburg, nou Polokwane, op die Grootpad na die Noorde grootgeword. Ek was gelukkig om op te groei in ’n omgewing wat innerlike krag eerder as brute geweld voorgestaan het, en waar sagtheid nooit as ’n swakheid ervaar is nie. Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

My fisieke kenmerke is deel van my erfenis: dit blyk dat Afrikaanse vroue, of dan wel dié in my familie, nooit tevrede is met die hare waarmee hul gebore is nie!  Natuurlike krulle moet eenvoudig gladgemaak word en gladde hare gekrul word! Dit spreek vanself dat ’n hele klomp van hulle glad nie meer hul oorspronklike haarkleur kan onthou nie.

Afrikaanse vroue is vasbyters, selfonderhoudend en met ’n sterk vermoë om moeilikheid te bowe te kom. So baie van hierdie sterk vroue het my help vorm: van my ma tot vriendinne en kollegas … Of hulle nou jonger of ouer was, ek het soveel inspirasie van die lewenskrag gekry van hierdie unieke vroue wat eie is aan ons kultuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die kernwaarde waarop ons almal steun van generasie tot generasie is dat familie eerste kom en dat ons eers mekaar moet help voor ons na buite uitreik; dat ons altyd met integriteit moet optree en die diverse en unieke vroue van ons land dra en ondersteun.

“Ek is geleer om ander te respekteer en in ag te neem, maar ook om steeds vorentoe te beur en my horisonne te verbreed.- selfs as dit my as “anders” sou tipeer.”

Wat is spesiaal omtrent jou erfenis? Deel jou storie met ons op Facebook, Twitter of Instagram en gebruik die hutsmerke #HERitage #Ponds #HeritageDay

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: Erfenis

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

13 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.