kategorieë: Ons menseBekendes

‘Suidooster’: Wink daar dalk ware liefde vir Bianca ná 10 mans oor 10 jaar?

’n Vuurwarm liefdesdriehoek is besig om in die kykNET-sepie Suidooster vlam te vat!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Suidooster-karakter wie se hart al die meeste gebreek is, is nou vasgevang tussen twee mans wat op haar verlief is. Die afgelope tyd moes kykers toekyk hoe twee van Bianca (Simone Biscombe) se vorige kêrels, Siya (Gantane Kusch) en Riaan (Daniel Coetzee) om haar aandag begin meeding het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bianca het egter ’n slegte geskiedenis as dit by haar liefdeslewe kom. Sedert Suidooster in 2015 begin het, is haar hart al deur 10 mans gebreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Volgens Simone besef mans nie altyd wat hulle in Bianca het nie want sy het haarself nog nooit eerste in ’n verhouding gestel nie.

“Sy voel ondergeskik in ’n verhouding en omdat sy ’n aangenome kind is voel sy dalk altyd ’n bietjie soos ’n buitestaander,” vertel sy.

“Boonop het haar aanneemouers haar in watte toegedraai om haar teen die seer van die lewe te beskerm, min wetende dat dit haar sou benadeel wat verhoudings betref.”

By vanjaar se Suidooster Stormsterk-konsert by die Suidoosterfees, is onthul dat Bianca nog iewers hierdie jaar wel die liefde van haar lewe gaan vind en met een van haar ekse gaan trou. Daar is gesinspeel dat dit Riaan, Siya of Aiden (Theodore Jantjies) gaan wees, maar nou lyk dit eerder of sy die toekomstige mev. Thuli of mev. Vosloo gaan wees.

Hier is ’n terugblik van Bianca se verhoudings:

Derick (Gregory Kriek)

Bianca se eerste verhoudingstorielyn was met Derick. Hy was ’n psigopaat wat sy eie ma vermoor het en toe Bianca begin snuf in die neus kry, het hy haar ook van kant probeer maak.

Stefan (Gideon Lombard)

Stefan, wat Oos Wes se sjef en eienaar was, en Bianca het ’n kortstondige fling gehad. ’n Aand van passie het ’n onbeplande swangerskap tot gevolg gehad en Stella is gebore.

Jerome (Danny Ross)

Bianca en Jerome se verhouding was ’n onverwagse wending in die sepie want dié twee het soos dag en nag verskil. Dit het tog gelyk of hulle dalk hierdie verhouding gaan maak werk, maar dit het op ’n hartseer noot geëindig met Jerome se dood aan ’n aneurisme. Dit was weens die inwendige beserings wat hy opgedoen het in ’n motorongeluk wat amper ook Mymoena (Jill Levenberg)se lewe geëis het.

Lloyd (Reuben Engel)

Ná Jerome se dood het Bianca deur ’n baie traumatiese tyd gegaan – nie net was sy in pyn oor die verlies van die liefde van haar lewe nie, maar was sy ook ’n nuwe ma. Sy was dus kwesbaar vir die sjarmante en aantreklike Lloyd. Hy het haar weer soos ’n prinses laat voel. Maar hy het egter ’n donker kant as dwelmverslaafde gehad en voor kykers hul oë kon uitvee, was Bianca aan pille verslaaf.

Siya (Gantane Kusch)

Siya het vir Bianca in haar stryd teen haar verslawing ondersteun en dit het op ’n romanse vir die twee uitgeloop. Hy het egter aan sy gevoelens vir haar begin twyfel, veral toe dit blyk dat Danni (Vashti Prins) eintlik die een is wat sy hart laat warm klop en hy Bianca met haar verneuk het.

Lukas (Louw Venter)

Lukas was ’n doodgoeie middeljarige man wie se huwelik op die rotse was en sy lewe het om sy seuntjie, wat saam met Stella op skool was, gedraai. Hy en Bianca was beide enkelouers wat baie seer in vorige verhoudings gekry het. Sy vervreemde vrou, Robin (Vicky Davis), het egter alles in haar vermoë gedoen om hul liefdespad vol duwweltjies te saai. Dit het tot gevolg gehad dat Lucas en Bianca se paaie moes skei.

Dirk (Evan Hengst)

Die mees omstrede verhouding wat Bianca gehad het, was met Dirk. Nie net was sy wrede ma, Esther (Marion Holm), by orgaanhandel betrokke nie, maar Dirk het boonop vir Bianca in opdrag van sy ma gyselaar gehou. Na baie water in die see geloop het en ’n ruim tydperk na die aanhoudingsdrama het hulle egter verlief op mekaar geraak. Dit was ’n verrassende wending toe hulle besluit om oor die tou te trap. Voor hulle twee tydens hul troue mekaar die ja-woord kon gee, het ’n sluipmoordenaar amok gesaai en per ongeluk vir AB (Cedwyn Joel) in plaas van Dirk dood geskiet.

Aiden (Theodore Jantjies)

Met Aiden se aankoms in Ruiterbosch het dié oulike apteker gou Bianca se oog gevang. Aanvanklik het dit gelyk of hulle ’n perfekte paartjie sou maak, maar dit het weldra duidelik geword dat hulle nie heeltemal op dieselfde bladsy is nie. Aiden het oop kaarte met Bianca gespeel en erken dat hy nie haar gevoelens deel nie.

Riaan (Daniel Coetzee)

Kate (Annelisa Weiland) se aantreklike seun, Riaan, was die volgende man wat Bianca se hart sou breek. Vir die tweede keer het ’n man se vervreemde vrou gesorg dat haar verhouding skipbreuk lei. Dit blyk toe dat Riaan al die tyd getroud was. Hoewel sy huwelik wel op die rotse was, het hy vir niemand daarvan vertel nie, want sy eks, Hanli (Celeste Loots), wou hom nie sy vryheid gun nie. Hy verneuk egter vir Bianca met Hanli, wat weer eens groot hartseer vir haar tot gevolg het.

Mason (Sean van Noordwyk)

Nog ’n ander glyjakkals wat Bianca se hart onlangs gebreek het, was die dokter, Mason. Hy het gou Bianca se voete onder haar uitgeslaan, maar eintlik het hy ’n dubbele lewe gelei én hy is toe boonop al die tyd getroud.

Suidooster, wat vanjaar sy tiende verjaarsdag vier, word weeksdae om 18:00 op kykNET, DSTv-kanaal 144, en om 18:30 op kykNET & Kie, DSTv-kanaal 145, uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op DStv Stream en Showmax.

Lees ook: Totsiens Niggies, hier kom Die nuusmakers: Wie’s wie?

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

GOEIE NUUS | Nuwe seisoen van Magda Louw op pad!

Dié geliefde kat (of is dit in hierdie geval die hond?) kom weer. Die derde…

17 hours Gelede

‘Op Skou’: Wat jy van die fassinerende wêreld van liggaamsbou moet weet

In vandeesweek se episode van kykNET se unieke werklikheidsreeks oor buitengewone kompetisies, word daar gekyk…

20 hours Gelede

Hier kom ‘n ding… Die amptelike lokprent vir ‘Semi-Soeter’ is hier!

Netflix het pas die eerste lokprent vir Semi-Soeter, die opvolgfliek van die 2012-lokettreffer Semi-Soet, vrygestel…

22 hours Gelede

Brett Shuttleworth op ‘Laataand by Rian’: “Vandag leer ek mense om gelukkig te wees”

In sy jonger dae was hy ’n model wat in New York op ’n advertensie…

1 day Gelede

Rolanda Marais oor vrouwees en nuus lees in ‘Die nuusmakers’

Deur Thinus Ferreira   Rolanda Marais vertolk die rol van ’n TV-nuusleser wat op regstreekse…

2 days Gelede

Voorkom dat grypdiewe jou motor teiken

Ons hoor deesdae van al meer voorvalle waar onskuldige mense se motorruite uitgeslaan word en…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.