Bestanddele
Basiese soetkoekies
Genoeg vir 24 koekies
- 180 g botter
- 200 g strooisuiker
- 10 ml (2 t) vanieljegeursel
- 1 eier
- 240 g koekmeel
- 2,5 ml (½ t) bakpoeier
- 2,5 ml (½ t) sout
Gebakte karamel
Jy maak jou eie karamelkondensmelk deur kondensmelk in die oond te bak – dis baie veiliger as ons ou drukkokermetode!
- 2 x 360 g-blikkies kondensmelk
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
- Gooi die kondensmelk in ’n dieperige oondpan en maak die pan met foelie toe. Sit die oondpan in ’n groter oondpan en maak die onderste oondpan vol water.
- Bak vir 4 uur of tot goudkleurig. Hou maar fyn dop, want almal sal lepelsvol steel!
- Smeer die karamel op die basiese soetkoekies en plak opmekaar.
Suurlemoen-en-klapper-koekies
- Maak die basiese soetkoekieresep en voeg die gerasperde skil van 2 suurlemoene, 100 g fyn klapper en 15 ml suurlemoensap by.
Grenadellasmeer
Genoeg vir 250 ml
- 115 g vars of geblikte grenadellapulp
- 90 g suiker
- 65 g botter
- 2 eiers
- 1 eiergeel
- 30 ml (2 e) mielieblom
Metode
Basiese soetkoekies
- Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.
- Room die botter en suiker in ’n groot mengbak tot lig en donsig.
- Voeg die vanieljegeursel en eier by en klits tot goed gemeng.
- Voeg die koekmeel, bakpoeier en sout by en meng goed.
- Om ronde koekies te maak:
Rol die deeg in balletjies (sowat 25 g elk) en sit op die voorbereide bakplaat. Druk hulle met ’n vurk of jou duim effens platter. - Om vorms uit die deeg te druk:
Rol die deeg so dun moontlik op ’n skoon werksvlak uit wat liggies met meel bestuif is. Bak vir 10-12 min. of tot goudkleurig en gaar.
Grenadellasmeer
- Meng die grenadella, suiker en botter in ’n klein kastrol en verhit oor matige hitte. Roer tot die suiker opgelos is.
- Klits die eiers, eiergeel en mielieblom met ’n elektriese klitser in ’n groot mengbak. Gooi die grenadellamengsel by terwyl jy die eiers deurentyd klits.
- Gooi die mengsel terug in die kastrol en verlaag die hitte. Roer deurentyd vir 4-5 min. of totdat die mengsel verdik. Wees versigtig, want die eiers kan maklik skif.
- Trek van die hitte af en gooi in ’n klein bakkie.
- Bedek met kleefwerende plastiek en sit vir 1 uur in die yskas om af te koel.
- Smeer die mengsel tussen die suurlemoenkoekies.
Lees ook: Suurlemoenbrood

