kategorieë: GebakKos

Suurlemoenbrood

Maak 1 middelslagbrood

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • 375 ml (1½ k) koekmeel
  • 10 ml (2 t) bakpoeier
  • knypie sout
  • 250 ml (1 k) jogurt
  • 250 ml (1 k) suiker
  • 3 ekstragroot eiers
  • fyn gerasperde skil van 2 suurlemoene
  • 3 ml (½ t) vanieljegeursel
  • 125 ml (½ k) sonneblomolie

Suurlemoenstroop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • 80 ml (1⁄3 k) suurlemoensap
  • 80 ml (1⁄3 k) suiker

Suurlemoenversiersel

  • 250 ml (1 k) versiersuiker
  • 45 ml (3 e) suurlemoensap
  • fyn suurlemoenskilkrulle om oor te sprinkel

Metode

Voorverhit die oond tot 180 °C.

  1. Voer ’n 23 x 12 cm-broodpan met bakpapier uit.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak.
  3. Klop die jogurt, suiker, eiers, suurlemoenskil en vanielje saam in ’n ander bak.
  4. Meng die droë bestanddele by die jogurtmengsel en meng goed. Voeg die olie by. Gooi die mengsel in die pan en bak vir 50-60 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
  5. Suurlemoenstroop: Smelt die suurlemoensap en suiker in ’n pan oor matige hitte. Hou eenkant.
  6. Laat die koek vir 10 min. in die pan afkoel. Keer op ’n draadrakkie uit en gooi die suurlemoenstroop versigtig oor terwyl die koek nog warm is. Laat afkoel.
  7. Suurlemoenversiersel: Meng die suiker en genoeg suurlemoensap sodat dit die tekstuur van heuning het. Gooi oor die afgekoelde koek.
  8. Strooi die suurlemoenskilkrulle oor.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.