kategorieë: VegetariesKos

Sygladde semolinapap met roos-en-framboos-pere

Sygladde semolinapap met roos-en-framboos-pere deur Vickie de Beer

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 4.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Roos-en-framboos-pere

  • 1 liter (4 k) water
  • 500 ml (2 k) suiker
  • 120 g (1 k) frambose
  • 5 ml roosgeurse
  • 4 pere, geskil

Semolinapap

  • 2,4 liter melk
  • 240 ml semolina<
  • 60 ml (4 e) suiker
  • 500 ml (2 k) room

Metode

  1. Begin met die pere: Sit die water en suiker in ’n groot kastrol. Roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is.
  2. Voeg die frambose, roosgeursel en pere by. Kook vir 20-30 min. of tot die pere sag is, maar steeds vorm behou.
  3. Laat prut intussen 500 ml (2 k) melk en die suiker in ’n middelslagkastrol.
  4. Meng die res van die melk en die semolina in ’n mengbakkie. Voeg die semolina by die warm melk en klits tot dit goed deurgemeng is.
  5. Kook die semolina vir 10-15 min. tot dit begin verdik. Voeg die room by en meng goed deur. Kook die pap nog ’n rukkie tot dit weer verdik as dit te dun geword het.
  6. Lig die pere met ’n gaatjieslepel uit die stroop sodra dit sag is. Kook die stroop verder oor matige hitte tot dit begin verdik.
  7. Verdeel die warm semolina tussen 4 bakkies en sit met die roos-en-framboos-pere voor.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

14 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

17 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

17 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

18 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

19 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

20 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.