kategorieë: Bekendes

Tayla Schaffner plavei haar pad na roem

Met nog net enkele jaar in die bedryf het Tayla Schaffner reeds ’n paar gesogte toekennings ingeryg as aktrise, draaiboekskrywer en vervaardiger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy het op 18 haar tasse gepak om by die New York-filmakademie te gaan studeer. Daar het sy in altesaam 17 studente-rolprente opgetree insluitend die Off-Broadway-produksie van Antigone deur Sophocles. Sy het die hoofrol gespeel in die film wat by die Majorie S. Theatre in Times Square vertoon is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die prestasie wat haar naam deeglik in die internasionale filmbedryf vestig, is haar kortfilm When It Rains. Sy vertolk nie net die hoofrol nie, maar is ook die draaiboekskrywer en vervaardiger.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

When It Rains vertel die verhaal van ’n jong vrou, Lila, wat ontdek sy het vir die tweede keer kanker. Tayla het die projek aangepak as deel van haar finale proefprojek vir haar Baccalaureus in Beeldende Kunste.

Die rolprent het reeds die toekenning vir Beste Kort Drama by die Hollywood International Moving Pictures Film Festival gewen. Dit het ook ’n eervolle vermelding as studentefilm by die Los Angeles Film Awards gekry. By die United International Film Festival het dit ’n toekenning vir meriete ontvang en by die  IndieFEST Film Awards ook ’n toekenning van erkenning. Dit het ’n eervolle vermelding ontvang by die Los Angeles Movie Awards en was semi-finalis by die Los Angeles Cinefest. Dit is ook benoem en was semi-finalis by die Los Angeles Independent Film Festival Awards.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tayla het hierdie foto op Instagram gedeel:

Haar lewensfilosofie is: “Enigiets is moontlik as jy net glo. Die geleenthede is eindeloos.” Ons gaan haar loopbaan dophou!

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.