kategorieë: Leef gesondGesondheid

Die tekens van kinderkanker

Geen ma moet obsesseer oor haar kind se gesondheid nie, maar is ons as Suid-Afrikaanse ma’s dalk té onbesorg oor kinderkankers? Laat ons gevolglik na om op ’n maandelikse basis, of selfs net kwartaalliks, op te let of ons kinders tekens van kinderkanker toon?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As jy kyk na Suid-Afrika kinderkankers se oorlewingsyfers, is dit presies die geval:
– Meer as 70% van kinders in eerstewêreldlande oorleef die algemene kinderkankers.
– Maar net 52% van Suid-Afrikaanse kinders oorleef dieselfde kankers, sê prof David Stones, en sy kankernavorsingspan van Universitas in Bloemfontein.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoekom? Is ons behandeling swakker?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Glad nie. Die feit is dat die sukses van kankerterapie afhang van hoe vroeg dit opgespoor word. Ons is nie bedag op die tekens nie en wag te lank voor ons ons kinders dokter toe neem. Die tekens is maklik om raak te sien – as jy weet waarna jy moet oplet. Hier is die twaalf tekens, vir elk van die drie algemeenste kinderkankers.

Die 5 algemene tekens van leukemie by kinders

1. Jy sien tekens van bloeding. Sy neus en tandvleise bloei maklik; hy kry maklik blou kolle; en/of rooipers kneusings onder sy vel. Hy kan baie bleek wees.
2. Jou kind is altyd moeg en raak gou uitasem.
3. Hy het dikwels van ligte tot matige koors en kry maklik infeksies.
4. Jou kind bly kla van pyn in sy gewrigte en in die bene van sy arms en bene.
5. Hy verloor sonder rede gewig.

Die 4 tekens van breinkanker by kinders

6. Jou kind het onophoudelik hoofpyn wat nooit weggaan nie.
7. Hy voel duiselig en raak selfs naar. Anders as met ‘n maagaandoening, klaar dit nie binne ‘n dag of twee op nie.
8. Jou kind verloor skielik gereeld sy balans en/of val.
9. Sy spraak, gehoor, sig en/of begrip gaan agteruit.

Die 3 algemene tekens van kinderlimfoom (klierkanker)

10 Daar is swelsels (knoppe) in sy nek, oksels of lieste. Die knoppe raak mettertyd groter. Hulle is tipies nie seer nie.
11 Jou kind is lig koorsig en sweet veral snags baie.
12 Jou kind verloor sonder rede gewig.

Lees ook: Van bababedjie na kinderbed

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.