kategorieë: TrendsMode

Terug na die negentigs: Watter Spice Girls-styl pas by jou?

Terug na die negentigs: Watter Spice Girls-styl pas by jou? deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Greatstock/Camerapress

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gerri Halliwell (Ginger Spice)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nog voor bekende modehuise en ontwerpers t-hemde met kontroversiële slagspreuke op hul loopplanke vertoon het, het hierdie rooikop talle kere uitrustings gedra wat met vrouebemagtiging vereenselwig kon word. Woorde soos “Girl Power” het gereeld op haar uitrustings verskyn. Sy het ook graag met waaghalsige rokkies en lae halslyne die verhoog aangedurf. Volgens haar het die uitrustings haar eerder soos ’n sterk vrou laat voel as skandalig.

Lees ook: Jy kan helder kleure dra

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Melanie Brown (Scary Spice)

Dieredrukwerk was hierdie Spice Girl se ikoniese voorkoms. Of sy nou in ’n monokoroom sebradruk of in kleurvolle luiperddruk verskyn het, het haar styl perfek by haar bynaam, Scary Spice, gepas. Die besige patrone het saam met haar woeste krulle aandag getrek. Sy was ook lief vir die weermagtrend met sy kamoefleerbroeke en bonkige stewels. Dit het sy dikwels saam met ’n kort toppie of bra gedra – vreesloos en vry!

Emma Bunton (Baby Spice)

Baby Spice was seker vir die meerderheid van ons tydens ons jonger jare ’n gunsteling. Met haar blonde boksterte en kleurryke rokkies was haar styl oulik, vroulik en prettig. Sy was gereeld in pienk satynrokkies te sien, maar dit was die blink platformstewels wat eintlik aandag getrek het. Later het haar bandjie-top-en-denimstyl ook ’n gewilde voorkoms geword as ’n alledaagse uitrusting.

Victoria Beckham (Posh Spice)

Victoria Beckham het nog altyd daarvan gehou om haar kurwes te beklemtooon en hoewel haar klerereeks vandag meer ’n lospassende snit het, is die beklemtoonde middel en dun enkels steeds sigbaar. Tydens haar Spice Girls-jare is Victoria dikwels in noupassende klere gesien wat elke bate van haar fietse lyfie omvou. Sy het ook van leerpakke en kort rokkies gehou wat sy saam met hoëhaksandale gedra het. Haar uitrustings het die illusie van lang, slanke bene geskep, wat vir Victoria baie belangrik was (en steeds is!) omdat sy een van die korter Spice Girls was.

Melanie Chisholm (Sporty Spice)

As dit by sportdrag kom, is hierdie Spice Girl voor in die koor. Haar voorkoms slaan vandag die spyker op die kop met die athleisure-styl wat nou so gewild is. Melanie het grootgeword in die platteland en as sy saam met vriende gekuier het, was sy altyd in gemaklike klere soos ’n sporttoppie uitgerus. Toe sy London toe trek, het sy die meeste van haar tyd in dansklasse deurgebring en het dus vanselfsprekend in sweetpakke geboer. Haar verhoogvoorkoms beeld presies daardie gemaklike voorkoms uit.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.