Tien vrae aan Vickie Sampson deur Mariette Snyman. Foto verskaf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Vickie Sampson se aangrypende vertolking van die liedjie My African Dream het sekerlik daartoe bygedra dat dit gesing word deur kore soos die veelbekroonde Soweto Gospel Choir en die Ndlovu Youth Choir, wat Suid-Afrika onlangs by America’s Got Talent trots gemaak het. Selfs die alombekende André Rieu het die liedjie opgeneem, en dan is daar natuurlik Vickie se My African Dream-duet saam met Karen Zoid op die TV-program Die Republiek van Zoid-Afrika.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Vir my is musiek ’n gawe en ’n seën. Dit stel my in staat om lewens aan te raak en te verander, omdat dit genesing bewerkstellig.
Dis daar om vreugde te skep, te besiel en kwessies waarmee die mensdom wroeg, aan te spreek. Dit verander persepsies en harte.
My stem is ’n direkte konneksie met my Skepper. Dis een groot vreugde om so aan my Bron verbind te wees! Deur die jare het ek gegroei en my stem saam met baie kunstenaars geslyp, en mettertyd die vermoë aangekweek om my klank en uniekheid te waardeer en te vier.
Van hierdie uitdagings het daartoe gelei dat ek my identiteit en lewensdoelwit bevraagteken het. Een van die grootstes was om die rol van ouer en die rol van vermaaklikheidskunstenaar te balanseer. Dis swaar om jou kinders aan ander se sorg toe te vertrou, maar ek het nog altyd daarna gestrewe om die bes moontlike ma te wees.
Ek gebruik dit sover moontlik as ’n instrument van vrede en versoening. Ek is mal oor die gawe van kommunikasie, om met ander te praat, en om na hul drome, hoop en vrese te luister. Ek glo dit kan van die wêreld ’n beter plek maak.
Dit maak my hartseer dat soveel mense ontoereikend voel. Ek glo ons is almal wonderbaarlik aan ons Bron verbind. Sodra ons dit besef en begryp, word ons eiewaarde duideliker, en vind ons dit makliker.
Dat ons sal wéét hoe kosbaar en geliefd ons elkeen is. Dan sal ons dit ook teenoor mekaar kan uitleef – en die wêreld verander.
My wens is dat elke kind liefde sal ken, en die geleentheid sal hê om te droom en hul potensiaal te verwesenlik.
Ek is net soveel “in” Afrika as wat sy in my is. Ons woon op ’n kontinent van hoop en moontlikhede.
Ek glo in die krag in elkeen van ons om meer te wees as wat ons ons kan voorstel. Dit vuur my aan om nooit moed op te gee nie, en om nooit op te hou om my bes te doen om ’n bate vir die mensdom te wees nie. Musiek is my inspirasie, en die grootste gawe wat ek ken!
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.