kategorieë: Leef gesondGesondheid

Tieners, hormone, aknee, die Pil & hublies

Ma sê Die Pil verbeter die aknee op jou ken, my kind. En dan is jy veilig ook …
Meisiekind sê Nee dankie. Die Pil maak jou net vet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar ís goeie redes om te wag met die Pil én goeie redes om die Pil te gebruik, sê prof Igno Siebert, fertiliteitspesialis aan die Universiteit van Stellenbosch se Fakulteit Gesondheidswetenskappe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Deesdae word die Pil onverdiend gekritiseer. Dit bly die beste manier om swangerskap te keer; twee uit elke drie mense sit nié gewig aan nie; vir meisies wat baie swaar of ongereeld menstrueer en sportmeisies en dansers is die lewe op die Pil makliker; en aknee verbeter dikwels op die Pil. Om moontlike, hoewel klein, langtermynrisiko’s te verminder gee ons nie graag die Pil vir meisies met familie met beroerte of hormoonverwante siektes nie. En dis beter dat jong diabete die Pil vermy, omdat dit met hul bloedsuiker inmeng.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Is die Pil dus ’n goeie plan vir meisies sonder die genoemde probleme?

“As jy ’n goeie rede het en goed vaar daarop, kan jy net wen. Maar ek glo jy moet twee keer oor ligter probleme dink. Vandag val die klem op lewenstyl eerder as pille. Ons werk aan ons gesondheid met ’n gesonde leefstyl en/of ons liggame kans te gee om self probleme op te los, eerder as om na pille te gryp. Net so met die Pil. Dalk ís dit beter dat jou dogter ligte aknee en wisselvallige of swaar menstruasie die eerste paar jaar aanvaar, eerder as regstelling met die Pil. ‘Nee’ bly die beste beskerming teen vigs en swangerskap. Of dan kondome, wat ook teen STD’s beskerm.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wie is reg? Jy of jou meisiekind?

Ma sê Jy drink hopeloos te veel koffie!
Meisiekind sê Maar Ma, ek het dit nodig om wakker te bly vir swot.

Ma, maak dit vir haar en drink sommer saam. Hier is drie goeie redes:

1 Navorsing van die National Cancer Institute wys die dag-tot-dag geheue van muise is ná ’n maand van matige koffie-gebruik (ekwivalent aan vyf koppies per dag vir ons) aansienlik beter. Jou kind sal dus beter onthou. Boonop was daar tot die helfte minder van die kenmerkende Alzheimer-neerslae in die muisbrein. Dit lyk dus of koffie jou brein goed doen.

2 Die groot NIH AARP op 400 000 mense tussen 50-70 jaar, wys koffiedrinkers is beskerm teen hartsiektes, longinfeksies, ongelukke, diabetes en beroertes, met ’n 10% kleiner sterfterisiko.

3 Nog ’n ondersoek wys elke koppie koffie verlaag jou kans op insulienweerstandigheid en dus op diabetes met 7%. Maar net as julle onder sewe koppies per dag bly en min of geen suiker gebruik nie.

Nog iets: gaskoeldranke met hul kalsiumkarbonaat onttrek kalsium, en breek jou dogter se skelet af. Koffie is nie so ’n slegte keuse nie.

Ma sê Kyk hoe vol plooie is ek van die son.
Meisiekind sê Juis Ma, ek bly uit die son. Daarom moet ons vir my sonbedsessies vir die matriekafskeid bespreek.

Wie is reg? Ma is. Sonbeddens stel jou bloot aan dieselfde skadelike UV-strale as in sonlig. Daar bestaan nie iets soos ’n veiliger soort sonbed nie. Die vel is veral voor 18 baie vatbaarder vir velkanker, en blootstelling nou verhoog jou risiko lewenslank, sê Sue Janse van Rensburg, hoofuitvoerende bestuurder van Kansa.

“Ons het die tweede hoogste melanoomrisiko ter wêreld. Niemand van ons kan dit waag om die risiko van sonbeddens by te voeg nie. Suid-Afrikaners onderskat die risiko: in Brittanje word salonne wat mense onder 18 op sonbeddens toelaat met 20 000 pond beboet.”

Bestee eerder daardie geld aan ’n lekker ekstra soos ’n spesiale parfuum.

Ma sê My kind, jy moet elke dag ’n glas melk drink.
Meisiekind sê Ma, net kalfies drink melk. En melk maak vet.

Albei is reg: Waar diere kort ná hul vrugbare jare sterf, leef ons tot dubbel so lank. Anders as kalfies, het ons ’n skelet nodig wat ons langer sal dra. Jou tienerjare is juis die beste tyd om jou skelet te bou.

Maar hoe? Dit lyk asof kalsiumaanvullings die risiko op hartaarverkalking ’n klein bietjie verhoog. Daarom is melk die veiligste. Maar melk kán vet maak – maar nie as jy onnodige kilojoules deur kilojoules van melk vervang nie. Hier is lekker tienerplanne:

Kies alles met melk bo alles sonder melk, soos ’n melkskommel, kaaskoek of melktert eerder as wortelkoek. Maak vlanageregte eerder as gebakte nageregte. Gooi ’n goeie skeut melk in jou tee en koffie en los die suiker. Drink eerder gegeurde melk as gaskoeldrank. Eet pouse liewer ’n klein jogurt as aartappelskyfies. Sit altyd kaas of maaskaas op toebroodjies. Krum-mel liewer fetakaas oor slaai as om mayonnaise of slaaisouse oor te gooi. Jy spaar ook kilojoules as jy 2% melk en laevetjogurt eerder as die volroomsoorte gebruik. As jou kind regtig nie melk drink nie, is ’n kalsiumaanvuller noodsaaklik.

Ma sê Nie ’n hubbly vir jou nie, juffrou!
Meisiekind sê Maar Ma, dit is sommer net vir die kuier. Ek rook mos nie regtig nie.

Ma is reg, sê Maretha Smit, uitvoerende hoof van die SA Dental Association.

“Met een uur op ’n hubbly kan jy tot honderd sigarette se rook inkry. Tabak in álle vorms is kankerwekkend.

“Ons vermoed hubblies is een van die redes waarom keelkankers met 30% toegeneem het. Die verrassendste is wié deesdae keelkanker kry. Voorheen was dit mense bo 45; oorsee sien ons nou dat sewe uit elke tien pasiënte jongmense is. Tensy ons tieners snap hoe om hulself te beskerm, gaan ons dieselfde hier sien.

“Ons is net so bekommerd oor die verband tussen keelkanker en orale seks, wat toeneem omdat mense vaginale seks uit vrees vir vigs vermy. Die HP-virus (HPV) veroorsaak servikale kanker by vroue. Met orale seks word die virus ook na die keel oorgedra. Ons sien dus al meer keelkankers onder mans en vroue.”

Daar is verskeie vaksine teen HPV, wat tieners lewenslank teen servikale kanker en keelkanker weens HPV kan beskerm, hoewel dit steeds nie keelkanker weens sigarette, hubblies en so aan sal keer nie. Vat jou kind jaarliks tandarts toe, en laat hy ook sy mond en keel ondersoek.

Ma sê Vleis is gesond.
Meisiekind sê Vleis is wreed. En dit maak ’n mens aggressief.

Jou dogter is sowaar reg oor buierigheid. Die breinvlakke van arachidoonsuur is baie laer by vegetariërs as by vleiseters. ’n Klein maar interessante ondersoek het onlangs vir die eerste keer rooivleis aan buierigheid gekoppel. Hulle het 39 vleiseters in drie groepe verdeel: ’n groep wat vleis en hoender eet, een wat vis eet en ’n vegetariese groep wat geen vleis, vis of hoender eet nie. Hul buiprofiele en stres-, angs- en depressievlakke is ná twee weke geëvalueer. Die groep wat oorgeskakel het na die vegetariese dieet was beduidend rustiger en kon intellektuele stres (lees eksamenstres) beter hanteer.

Maar ’n vegetariese leefstyl beteken nie dat sy maar net ophou vleis eet nie. Dit is ’n wetenskap, en julle moet leer hoe om dit reg te doen. Sy het genoeg soja, tofu, lensies, sade en neute, bone en sojamelk nodig, en moet ekstra vitamien B12- en kalsiumpille gebruik. Wees veilig en laat ’n dieetkundige die praktiesste oplossings vir julle uitwerk. Vir die res van ons is twee porsies rooivleis (bees, skaap, vark, volstruis) per week reg, want rooivleis verskaf sekere proteïenboustene waarvan ons nie genoeg uit ander kos kan kry nie.

Ma sê Moet jy regtig kougom oopmond kou én blaas?
Meisiekind sê Wil Ma nou hê my asem moet sleg ruik?

En Ma, wat van Ma koop vir ons mondspoel? En elektriese tandeborsels. Handtandeborsels is outyds. Myne se hare lê hoeka plat.

Meisiekind het ’n paar goeie punte beet. Tandeborsels moet vervang word as die hare begin plat raak.

Dr. Imraan Hoosen, Johannesburgse tandarts en woordvoerder vir Oral B, sê elektriese tandeborsels help mense om die vereiste twee minute lank tande te borsel. Boonop wys Europese ondersoeke dit help 92% van mense om deegliker te borsel.

As die prys jou pla? Gewone tandeborsels bly ’n aanvaarbare keuse, mits jy twee maal per dag en elke keer twee minute lank borsel, óraloor borsel en nie te hard borsel nie. Spoel die borsel elke keer goed uit en ontsmet dit soms met ’n bietjie sout.

Volgens ’n onlangse Finse oorsigartikel – die Nordiese lande is die leiers op die gebied van tandsorg – versterk kougom en mondspoelmiddels met xylitol beslis tande en keer dit tandbederf.

Dit is baie duurder om tande te laat herstel as om skade te keer. Dus is mondspoelmiddels en selfs kougom eintlik beleggings, mits hulle xylitol bevat.

Maar Ma het ook ’n punt beet: om soos prins William se skoonma in die openbaar kougom te kou werk nié.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kokkedoor se inskrywings is oop! Is jy gereed om oor die kole gehaal te word?

Soos in die eerste aflewering van Kokkedoor Vuur & Vlam in 2023, moet deelnemers vanjaar…

8 hours Gelede

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 weeks Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 weeks Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.