kategorieë: Bekendes

Titanic: 20 jaar na die fliek

Ons kan amper nie glo die fliek, Titanic, is vanjaar 20 jaar oud nie! Om hierdie spesiale datum te vier, sal die vervaardigers en akteurs by ’n paar geleenthede herenig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Titanic is op 19 Desember 1997 vrygestel en het $1.84 miljard verdien. Dit was die eerste film in die geskiedenis wat die miljard-merk bereik het. Die enigste film wat Titanic sedertdien kon verbysteek, was Avatar (2010) wat deur dieselfde reigisseur, James Cameron, vervaardig is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Titanic het 14 Oscar-nominasies ontvang en uiteindelik met 11 van die toekennings weggestap – die meeste nominasies en pryse wat een fliek nog ooit ontvang het. Die film (wat gebaseer is op die ware gebeure van 15 April 1912), volg die romanse van twee fiktiewe karakters tydens die skip se eerste en laaste reis voordat dit as gevolg van ’n botsing met ’n ysberg gesink het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die akteurs van dié gewilde film het onlangs in St Tropez, Frankryk, vir ’n goeie doel herenig. Hulle het saamgespan by ’n veiling vir Leonardo DiCaprio se stigting (die Leonardo DiCaprio Foundation) wat klimaatsverandering beveg en omgewingsbewustheid bevorder. Kate Winslet (Rose) en Billy Zane (wat Rose se verloofde, Cal Hockley, vertolk het) het dié aand bygewoon. Omtrent $30 miljoen is ingesamel tydens die veiling, wat van Zane se kunswerke ingesluit het. DiCaprio en Winslet, wat goeie vriende is, het ook ’n geleentheid opgeveil om saam met dié twee aandete te geniet. Zane het ’n foto met sy (eks-)mede-akteurs op Instagram gedeel en gegrap dat hulle hierdie keer probeer om ysberge te red.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

James Cameron het ook besluit om hierdie jaar ’n dokumentêre film uit te reik wat oor die skip, die RMS Titanic, handel. Hy noem dat hy tydens produksie van Titanic in die middel 90’s probeer het om so akkuraat as moontlik te wees met die historiese inligting – van die stel tot die kostuums en wat presies gebeur het toe dié skip gesink het. Intussen is daar heelwat nuwe inligting wat tot die lig gekom het, en Cameron sal al hierdie nuwe inligting blootlê – en sien waar hy in 1997 verkeerd gegaan het. Hierdie dokkie sal in Desember vanjaar op National Geographic op DStv uitgesaai word.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.