Marakele Nasionale Park kan beskryf word as ’n verborge juweel. Geleë net buite Thabazimbi, is dit (teen 250 km) die naaste Suid-Afrikaanse Nasionale Park aan Johannesburg. Wat meer is, die Groot Vyf kan hier gesien word en is omring deur die Waterberge. ’n Skouspelagtige uitsig, min ander toeriste en een van die grootste kolonies van Kaapse aasvoëls in die wêreld voltooi die prentjie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die Tlopi Tentkamp is ’n briljante manier om naby hierdie beskermde gebied te kom. Dit is die soort kampeerplek wat menige stadsjapies (eintlik enigiemand) se tone van lekkerkry sal laat krul, veral onder ’n warmkombers op ’n koue aand. Die tente is langs die dam geleë en ek het ure by hierdie uitkykpunt spandeer, op soek na wild. Die tente staan op ’n houtdek, elkeen met sy eie private badkamer, ’n stoep met ’n braai en ’n aparte, ten volle toegeruste kombuis.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jy het nie ’n 4×4 nodig om by die park te kom nie, maar daar is wel een of twee rowwe dele op die grondpad. Die pad na die Lenong Uitkykpunt is ’n totaal ander storie. Alhoewel dit geteer is, bekruip die kronkelpad die berg teen ’n indrukwekkende afname na die hoogste punt van die Waterberge (2 088 m).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Marakele Nasionale Park
014 777 6928/29/30/31
www.sanparks.co.za/parks/marakele/tourism/availability.php
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.