kategorieë: Leef gesondGesondheid

Toets jou kennis oor jou niere

Hoe weet jy jy het nierskade?

Die eerste tekens van nierskade is baie subtiel, want selfs net een nier kan meer doen as wat jy nodig het. Dus kom jy nie agter dat jou niere agteruit gaan nie, selfs al het jy ’n hele nier verloor of al werk albei op 10% van hul kapasiteit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dus: hoe meer jy van jou niere weet, hoe beter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Nierskade? Doen hierdie selftoets om uit te vind.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toets jouself

1 Hoe groot is ’n nier?
So groot soos:
a Jou oog
b Jou vuis
c Jou kop

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Waar sit jou niere?
a Net links en regs van jou naeltjie
b Op jou sye, aan die voorkant
c Aan jou rugkant, net onder jou ribbekas

3 Wat doen jou niere?
a Reinig jou bloed van afval
b Beheer jou bloeddruk
c Albei

4 Gesonde niere help keer osteoporose:
a Waar
b Vals

5 Jy sal pyn ervaar of siek voel as jy nierskade opdoen:
a Waar
b Vals

6 Watter van die volgende help jou niere gesond bly?
a Jy misbruik nie pynpille nie
b Jy hou jou bloeddruk dop en gebruik medikasie as dit hoog is
c Jy drink genoeg water d jy oefen gereeld.

7 Hoe raak jy ontslae van ’n niersteen?
a Deur jou uriene
b Deur jou dikderm

Antwoorde

1 So groot soos jou vuis.
2 Aan jou rugkant, net onder jou ribbekas. As jy nierpyn het sal jy dit hier voel.
3 Albei. Sonder niere oorleef jy nie lank nie.
4 Waar. Jou niere skakel vitamien D om in die aktiewe vorm wat help dat kalsium in jou bene ingebou kan word.
5 Vals. Ongelukkig is nierskade ‘n stil siekte, tot jy reeds baie skade opgedoen het. Dit kan enige een aantas, van kinders tot bejaardes
6 Elkeen hiervan hou jou niere gesond.
7 Deur jou uriene. Jou niere is verbind aan net jou are en jou blaas, nie aan jou dikderm nie. Dit is ‘n mite dat allerhande konkoksies nierstene deur die dikderm laat afkom.

Sewe tekens van nierskade

Laat jou nierfunksie toets as jy enige van die volgende ervaar:

• Jou uriene is meestal baie donker
• Jou hande, voete en enkels is gewoonlik geswel
• Jou vel jeuk voortdurend, sonder duidelike rede
• Jou bloeddruk is hoog en medikasie kry dit nie onder beheer nie
• Jy verloor gewig en is nie honger nie; jy voel naar as jy eet
• Jy kry dikwels spierkrampe
• Jy is kortasem maar het nie asma nie

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 weeks Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 weeks Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.