kategorieë: TrendsMode

Tommy Hilfiger het ’n nuwe ambassadeur!

Tommy Hilfiger het ’n nuwe ambassadeur! Deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee Hooffoto: Greatstock /Shuttterstock

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  1. Zendaya volg vir  Gigi Hadid, wat  die “oulike meisie” verteenwoordig het, op. Hilfiger hoop om met Zendaya (22 jaar) nou die millennials en Generasie Z aan te moedig deur ’n sterk, kragtige vrouefiguur van hulle generasie te gebruik.
  2. Zendaya is nie bang om haar gedagtes met die media of publiek te deel nie, Sy lewer graag kommentaar op sosiale media en spreek gereeld die mode-industrie aan oor hul standaarde. Haar doel is om die beeld van vroue van alle ouderdomme te versterk en vir hul regte te laat opstaan.
  3. Sy is betrokke by menige organisasies ter ondersteuning van minderbevoorregte mense. Sy het onder meer met haar agtiende verjaardag ’n veldtog gestig waar donasies gebruik is om oor die 100 minderbevoorregte kinders in Haiti en Filipyne te voed. Met haar 20ste verjaardag het sy ongeveer vyftigduisend Amerikaanse dollar aan die Convoy’s Women’s Empowerment Initiative geskenk eerder as om ’n uitspattige partytjie te hou.
  4. Volgens Tommy Hilfiger is sy iemand wat voluit vir haar drome gaan en almal motiveer om dieselfde te doen – ongeag jou omstandighede, ouderdom of agtergrond.
  5. Sy sien mode as meer as net interessante klere – “It’s a way to celebrate self-expression and individuality, which is extremely empowering. This is why I am proud to partner with Tommy Hilfiger.”
  6. Sy hou daarvan om self betrokke te wees in projekte en het al onder meer haar eie modereeks vir Boohoo ontwerp in 2016.
  7. Zendaya is talle kere uitgevra oor haar kultruele oorsprong. Sy het haar bekendheid  gebruik om die kulturele kwessies in die filmbedryf aan te spreek en beklemtoon dat individualiteit ’n belangrike eienskap speel – sy moedig juis uniekheid aan.
  8. Haar sin vir humour is pittig, skerp en skertsend – dit hou almal op hul tone.
  9. Sy het met haar onlangse rol in die musiekblyspel “The Greatest Showman” bewys watter verkleurmannetjie sy kan wees as dit by toneelspel kom. Sy werk ook tans aan die nuutste Spiderman-saga: Far from home.
  10. Bowenal is sy maar net 22 jaar oud!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

12 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.