kategorieë: Ons menseBekendes

Die verhaal van Poppie Nongena word ’n fliek

Poppie Nongena word nou ook ’n fliek. Inligting verskaf. Foto’s: Melanie Cleary.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Produksie aan Poppie Nongena, die rolprent gebaseer op Die Swerfjare van Poppie Nongena, het pas begin. Elsa Joubert se bekroonde roman word deur die Emmy-benoemde Helena Spring (Sarafina!, Yesterday, Happiness is a four letter word, Cry, the beloved country, Mad buddies, Paljas en Faan se trein) vervaardig, en Christiaan Olwagen (Die Seemeeu, Johnny is nie dood nie en Kanarie) behartig die regie. Olwagen het saam met dramaturg Saartjie Botha die draaiboek verwerk en Vicci Turpin is die kinematograaf vir hierdie film.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Poppie Nongena vertel die aangrypende verhaal van ’n Afrikaanssprekende Xhosa-vrou wie se lewe om haar gesin draai terwyl sy probeer om stabiliteit te vind in ’n era van ondraaglike onrus in Suid-Afrika.

Elsa Joubert het die roman Die Swerfjare van Poppie Nongena in 1974, en dit is wyd geloof. Dit word steeds beskou as ’n baanbrekerswerk in die Afrikaanse letterkunde. Die Swerfjare van Poppie Nongena is binne die eerste vier maande drie maal herdruk en is uiteindelik in dertien tale vertaal. Plaaslik is dit bekroon met die W.A. Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys. Die British Royal Society het Joubert bekroon met die Winifred Holtby-prys en sy is in 1981 aangewys as ’n “Fellow of the Society”. Joubert se latere werk is bekroon met talle plaaslike en internasionale pryse, onder meer die Hertzogprys, die mees gesogte prys in die Afrikaanse letterkunde.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Beeld van ’n Vrou: Elsa Joubert

Die rolverdeling vir die film sluit in: Clementine Mosimane (wat die rol van Poppie Nongena sal vertolk), Anna-Mart van der Merwe, Chris Gxalaba en Rolanda Marais. Nomsa Nene, wat die titelrol gespeel het in die internasionale verhoogproduksie van Poppie, vertolk die rol van Poppie se ma.

“Ek is baie trots en geëerd om ’n film te vervaardig wat gebaseer is op sulke uitsonderlike materiaal,” sê Helena Spring. “Poppie se uiters persoonlike ervarings, haar liefde vir haar kinders en haar formidabele innerlike krag terwyl sy probeer sin maak van die moeilikste oomblikke van haar lewe, sal oud en jonk inspireer.”

Die Swerfjare van Poppie Nongena is ’n baie belangrike storie wat vertel móét word. Dit het etlike jare geneem om dit uiteindelik op film te kan verewig, maar ons is opgewonde oor die produksiespan en rolverdeling en sien uit om die finale produk vir Elsa Joubert en die res van die wêreld te wys,” sê Karen Meiring, hoof van KykNET.

Poppie Nongena word moontlik gemaak deur die ondersteuning van KykNET, M-Net, FilmFinity, die Departement van Handel en Nywerheid en Arco Venture Capital. Dit word landswyd in rolprentteaters bekendgestel in 2019.

Kyk hier na ’n paar foto’s:

Foto’s deur Melanie Cleary

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

5 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

5 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

5 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

5 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

6 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

6 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.