kategorieë: Reis

Top 5 kinder-vriendelike restaurante

Vir dit om te gebeur moet ‘n restaurant aan die volgende vereistes voldoen:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Goeie kos en spyskaart wat vir die onderskeie ouderdomsgroepe gepas is.
  • ‘n Veilige speelarea vir kinders om in te speel.
  • Inkleur kryte, papier of inkleurboeke, klimrame, swaaie en ander middels om kinders te vermaak.

Dit sal ook baie in die restaurant se guns tel as daar kinderoppassers in die speelarea is, spesiale aktiwiteite soos gesigsverf en pizza-maak aangebied word en toegewyde speelarea vir verskillende ouderdomsgroepe is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ons top 5 kinder-vriendelike restaurante:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Feastt – Parktown Noord
Dié restaurant is veral gewild onder ouers met peuters en jong kinders, omdat dit ‘n buitelug speelarea het waar kinders kan rondhardloop en speel. Dit bied ook sjef-klasse aan waartydens die kroos kan leer om verskeie disse te maak.

2. Café Roux – Kaapstad
Dié restaurant is deel van die Noordhoek Farm Village kompleks en plaas beslis die fokus op gesinspret. Ouers kan onder pragtige akkerbome sit en kyk hoe hul kleingoed in die nabygeleë speelgrond baljaar. Kinderpartytjies kan ook hier gehou word met gesigsverf en miniatuur-ponie ritte wat die partytjiegangers kan geniet.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Pannettone Café – Sandton
Dié oulike restaurant is by die Zoo Lake Sportsklub te vinde. Terwyl Ma en Pa aan die heerlike kos smul kan die kleingoed by die speelpark speel óf hul eie pizza’s maak.

4. Café Paradiso – Kaapstad
Die ontspanne atmosfeer van dié kafee sorg vir ‘n luilekker namiddag in die Moederstad. Terwyl ouers aan die dekadente gebak smul kan die kinders met kolwyntjie versier en gemmerbrood-mannetjie gebak, besig gehou word.
Maggies Farm – Krugersdorp
Net ‘n klipgooi van die Malibongwe-afrit af lê dié juweel van ‘m restaurant. Met ‘n gesonde spyskaart, pragtige speelarea en eendedam is daar beslis iets vir almal in die gesin.

5. Maggies Farm – Krugersdorp
Net ‘n klipgooi van die Malibongwe-afrit af lê dié juweel van ‘m restaurant. Met ‘n gesonde spyskaart, pragtige speelarea en eendedam is daar beslis iets vir almal in die gesin.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.