kategorieë: Blogs

Tremkaartjies: Soeweniers van Kroasië

Tussen ons Kroasië soeweniers val daar ‘n paar tremkaartjies uit. Van ‘n Zagreb trem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

In Zagreb is ‘n trem nie ‘n bus nie en ook nie ‘n trein nie. Dis ‘n hemelblou gevaarte wat waar sy spoor lê soos ‘n windhond deur Zagreb hardloop. Want blou is die kleur van Zagreb.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe ons ‘n bloutjie met die blou trem geloop het, is dus nie ‘n sommerso se storie nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Want sien, ons wou Kaptol toe. Kaptol is deel van Gornji Grad. Dis die ou stadsdeel van Zagreb. In die aardbewing van 1880 het die benededeel wat vandag Novi Zagreb heet 40 meter na onder gesak. Dit het in terme van hoe om uit Novi Zagreb, waar ons hotel was, by Kaptol te kom beteken dat ons ‘n stewige klim sou moes klim.

Die funikulêr wat ons gerieflik binne 64 sekondes die hoogte in kon vervoer, het die ontvangsdame by die hotel ons verseker, werk al jare nie en nugter alleen weet wanneer die ding weer berg gaan klim.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maar, doen sy aan die hand, daar is trem 13 wat na Kaptol gaan en dit mag die antwoord wees. Die trem kon ons so drie blokke daarvandaan by die treinstasie haal.

Ons was dus kwalik by die tremhalte, of hier kom trem 13 met ‘n dolle vaart aan. Kaartjies koop ons peperduur by die tremdrywer. R800 vir vier kaartjies. Dis omdat die Rand nie ‘n Kuna is nie. En om van die Rand ‘n Kuna te maak, kos dit jou nogal ietsie uit die aard van die wisselkoers. Die kondukteur knip die kaartjies en ons moet baie vinnig sit of ons rol soos wawiele agtertoe in die trem, so kwaai is die blitsige wegspring.

Twee tremstoppe verder let ek op dat ons steeds afdraende ry en ek ag dit gerade om die kondukteur te vra of die trem nog op pad is na Kaptol toe.

Ons is rasend vinnig besig om weg van Kaptol te jaag, weet die kondukteur ons in te lig. Dalk moet julle liewers by die volgende halte afklim as julle nog vandag by Kaptol wil uitkom, sê hy.

Twee kilometer vanwaar ons opgeklim het kom ons kortstondige duur tremrit ten einde. Voetslaan terug is ons voorland terwyl die trem verder wegspoed.

‘n Ruskansie kry ons toe ons die Kralja Tomislava plein bereik. Hier word ons teruggevoer tot die jare 910 – 928 toe die eerste koning van Kroasië, Tomislav, die land vir die eerste keer verening het. Sy ruiterstandbeeld tref ons op die plein aan. Dit verskyn ook op die agterkant van die 1000 Kuna noot waarmee ons by ‘n kafeetjie betaal vir donker biere wat insgelyks ook nog die koning se naam dra.

Vanaf die jaar 928 moes ons wikkel na die 18e eeu en die volgende plein in die Zagreb groen gordel – die Josipa Jurja Strošmajer wat die Oudheidkundige museum huisves. Daarin kry ons skilderye te sien van Nederlandse, Italiaanse en Franse meesters uit die 18e en 19e eeu. Ons staptog word nou skilderagtig.

Nog ‘n volksplein waar parkbanke onder reuse plataanbome verposing bied, is die Nikole Subica Zrinskog. Hierdie plataanbome kom oorspronklik meer dan 100 jaar gelede uit Istrië en verleen in die lanings waarin hulle geplant is besondere sjarme aan Zagreb. Dis eergister se gister se bome diep gewortel in die geskiedenis van Kroasië.

Uiteindelik, toe ons die twee hoë torings van die katedraal Sveti Stephan by Kaptol in sig kry, bereik ons nog ‘n besondere ruiterstandbeeld. Dis Ban Josip Jelacic wat in 1848 die Hongare verdryf het. Toe Kroasië in 1866 onder Oostenrykse beheer was, is die standbeeld op19 Oktober 1866 onthul op wat vandag bekend is as die Bana Jelacica Plein. Toe het Ban Josip noord gekyk. Die kommunistiese Joegoeslawiese regering van die 1940 tigerjare het geen genoë met die standbeeld geneem nie en dis alleen gered toe iemand dit onder in ‘n kelder gaan stoor het.

Op 11 Oktober 1990 het Ban Josip egter weer tevoorskyn gekom en die keer is die standbeeld aan die noordekant van die plein geplaas om nou suidwaarts te kyk.

Teen ons Ban Josip bereik het, het ons omtrent al vyf kilometer geloop en het ons die hedendaagse geskiedenis ingehaal gehad.

Dis toe dat David Livingstone se 1858 vaart op die Zambezi-ivier in die Ma Robert wielstoomboot meteens voor my geestesoog opkom. ‘Ons het so baie gesien omdat ons so baie stadig gevaar het,’ het Livingstone in sy dagboek aangeteken.

Ons kon insgelyks met moeë voete sê ons het so baie ervaar en gesien omdat ons so stadig en ver teen die bulte uitgestap het na Kaptol toe.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

20 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.