Min is van Donal Trump se werklike toekomstige beleid bekend en dit sal groot onsekerheid op finansiële markte wêreldwyd bring.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Neil Roets, uitvoerende hoof van ’n skuldbestuur-maatskappy, meen die onsekerheid wat Trump se verkiesing bring, sal onsekerheid in Washington veroorsaak omdat min weet watter koers hy sal volg.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Daar is niks wat markte meer skommel as onsekerheid nie en die Trump-oorwinning sal ’n aansienlik negatiewe uitwerking op die internasionale markte hê en ons sal die gevolge gou in ons mark sien. Die Trump-oorwinning kan lei tot ’n kort skerp styging in markte, maar ’n daling is gou te wagte weens die onsekerhede,” het Roets gesê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hillary Clinton is deur beleggers gesien as ’n veiliger en stabieler faktor, maar hulle was versigtig na Brittanje se skok-onthulling in Junie om die Europese Unie te verlaat en die negatiewe impak wat dit gehad het.
“Ons kan net raai watter rimpeleffek sy verkiesing vir die wêreldekonomie gaan bring, maar nie een van hulle gaan die skuldbelaste Suid-Afrikaners ’n blaaskans gee nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Roets het verder gesê ’n groter probleem as die Amerikaanse verkiesing is die aankondiging deur die graderingsagentskap Moody’s dat Suid-Afrika se vier groot banke ’n styging in die probleem-lenings in die volgende 12 tot 18 maande kan verwag as die ekonomie sukkel om te groei.
“Hierdie probleem kom ’n lang pad en Suid-Afrika se baie lae groeikoers en groeiende werkloosheid plaas toenemende druk op verbruikers en probleme met die terugbetaling van lenings is na aan rekord-vlakke.
“Skuldberadingsmaatskappye het dubbelsyfergroei weens die groeiende aantal verbruikers wat op soek is na verligting deur hulself onder skuldhersiening te plaas.”
Dit beskerm hul besittings teen beslaglegging deur skuld-invorderaars en stel hulle in staat om die uitstaande skuld in kleiner bedrae oor langer tydperke te betaal.
Vir meer inligting besoek www.debtrescue.co.za
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.