kategorieë: GebakKos

Tuisgemaakte Romany Creams

Misokaramel
Miso (beskikbaar by gesondheidswinkels) is gefermenteerde, gestoomde sojaboontjies. ’n Klein bietjie is genoeg om ’n diep umami-geur aan geregte te gee. Dit verryk en verdiep die karamel en is gewis iets wat jy kan probeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 150 g suiker
• 125 ml (½ k) water
• 125 ml (½ k) room
• 15 ml (1 e) donker misopasta

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Meng die suiker en water in ’n klein kastrol oor matige hitte. Roer tot die suiker gesmelt is en bring tot kookpunt.
2 Kook vir 4-5 min. of tot goudkleurig en die mengsel begin karamelliseer.
3 Trek van die hitte af en voeg die room by en dan die miso en roer tot goed gemeng.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Donkersjokolade-en-klapper-koekies (tuisgemaakte Romany Creams)

1 Maak die basiese resep soos bo beskryf maar vervang die 15 ml gouestroop deur 45 ml heuning.
2 Voeg 100 g fyn klapper en 30 g kakaopoeier by. Vervang die gemmer deur fyn kaneel.
3 Rol die koekies in ovaalvormige balletjies. Sit op die bakplaat en druk effens platter met ’n vurk.
4 Bak soos in die basiese resep beskryf.
5 Meng 60 ml baie warm room en 150 g gekapte donkersjokolade in ’n mengbak. 6
Voeg ’n knypie sout by. Roer tot die mengsel glad is.
7 Smeer die sjokolade op die helfte van die koekies en plak die res daarop vas.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.