Tussen Ons Seisoen 3: Voorskou

Tussen Ons Seisoen 3: Voorskou deur Mariette Snyman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mariette Snyman is ʼn bekroonde spesialis-joernalis by rooi rose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tussen Ons Seisoen 3

In die derde seisoen van ons gewilde welwees-reeks, gesels Mariette Snyman met verskeie kenners oor hoe jy kan help wanneer ‘n krisis jou vriendin, lewensmaat, kind, ouers of iemand na aan jou tref. Wat moet jy doen, wat moet jy liewer nie doen nie, en hoe behou jy jou emosionele balans?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nuwe episodes word elke Dinsdagoggend om 09h00 vanaf 25 Februarie vrygestel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Het jy geweet? Daar is baie nuwe dinge om na te luister in Seisoen 3 van rrRADIO!

Loer hier

Maandae: Ons diere & hul giere

Hoekom trek my papegaai sy vere uit? Wat beteken dit as my kat só maak? En wanneer moet ek bekommerd wees oor my hond se streke?

In ons nuwe troeteldierreeks gesels Ilse Salzwedel met verskeie veeartse en troeteldierkenners oor belangrike onderwerpe waaroor troeteldiereienaars dikwels wonder.

Wanneer: Elke tweede Maandag, vanaf 09h00. Die eerste episode word op 2 Maart uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Woensdae: Tee & Taai Toffies

In hierdie gewilde reeks gesels Ilse Salzwedel met ’n klomp nuwe, interessante glansmense en bekendes en saam probeer hulle om luisteraars se verhoudingsprobleme op los.

Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor!

Wanneer: Elke tweede Woensdag vanaf 09h00. Die volgende episode word op 26 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na al ons vorige gesprekke

Donderdae: Lam in Wolfsklere

In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel aktrise Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn.

Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan met die aantreklike Gerhard Vosloo uit.

Maar die perfekte prentjie stort in duie toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie.

Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein, en die poppe begin dans.

Tussen haar overbearing ma, feministiese beste vriendin en die enigmatiese advokaat Caro Marx, weet sy nie aldag wie is lammers en wie is wolwe nie.

Wanneer: Elke Donderdag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 27 Februarie uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Luister solank na ons vorige verhale, Botox, Barbies en Bietse:

En Dans met die rooi rok

Vrydae: Ka-Tjieng! Seisoen 2

Vroeg begin is half gewin vir jou kinders en hul geldsake.

Anet Schoeman praat in die eerste paar episodes met kenners oor alles wat jy jou kinders, tieners en jong volwassenes oor geld moet leer om hulle finansieel verantwoordelik en paraat te
maak.

Wanneer: Elke tweede Vrydag vanaf 09h00. Die eerste episode word op 6 Maart uitgesaai.

Seisoen 3 van rrRADIO is hier en jy gaan verlief wees op ons nuwe reekse

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

15 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

18 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

19 hours Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

19 hours Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

21 hours Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.