kategorieë: DrankiesKos

Twee suksesse vir SA se ou wingerde gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die OVP poog om uit wingerde wat reeds 100 tot 122 jaar oorleef het, te leer oor hoe om in die toekoms te boer om klimaat-skokke te probeer oorleef. Die OVP is in 2016 amptelik gestig, hoewel Rosa, ’n wingerdboukundige, al sedert 2002 ou wingerde uitsonder en opteken en die stigter van die OVP is. Lede van die projek kan ook die Certified Heritage Vineyard-seël op hul bottels aanbring.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Rosa doen regoor die wêreld verskeie praatjies en werkswinkels oor klimaatsverandering en hoe dit die wingerdbou-landskap in Suid-Afrika gaan verander. Die slimste klimatoloë verduidelik dat die wêreld warmer en droër word teen ’n baie vinnige pas. Volgens prof. Stephanie Midgley van die Wes-Kaapse Departement Landbou, kan temperature teen 2050 wêreldwyd styg met 1.5-2.5 C.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

In 2050 tot 2100 met ’n verdere 2 grade, en sommige wetenskaplikes voorspel selfs ’n styging van 5 grade in totaal.

“Die effek hiervan is onder meer droogte, erge hitte, brande, vloede, meer klimaat-uitskieters of ekstreme weertoestande wat ook meer gereeld gaan voorkom en droogte-siklusse van twee tot drie jaar soos in 2015 tot 2018. Ons kan dus baie leer uit ou wingerde wat al vir dekades in uiterste toestande oorleef.”

Victor Sperling van Delheim Wynlandgoed, Daniel Kriel, eienaar van Stellenbosch se De Warenwarkt en Simon Wine Emporium, André Morgenthal, die OVP-projekbestuurder, Rosa Kruger, stigter van die OVP en Nolene Nel van die Chenin Blanc Assosiasie. more
Rosa Kruger, ’n wingerdboukundige, wat al sedert 2002 ou wingerde uitsonder en opteken en die stigter van die OVP. By haar staan Tina Gellie van Decanter.

Die OVP-projek se leuse is: “Ons wil plant om oud te word”.

André Morgenthal is die OVP-projekbestuurder en Nadia Hefer die projek-konsultant. Nadia, ook die  hoof van die ontwikkelingspan vir die Akademie, het gaste meer oor die Akademie vertel, voor gaste ’n wye verskeidenheid wyne van ouer wingerde kon proe en egte Suid-Afrikaanse peuselgoed uit die De Warenwarkt-kombuis kon geniet.

Tim Hoek, Haute Cabrière buite Franschhoek se keldermeester en Alistair Rimmer, wynmaker by De Morgenzon buite Stellenbosch.
Wyne van die minder bekende wynplaas, Fuselage wat deur die Morkel-familie besit word, wat ook uit ou wingerde kom, het baie aandag getrek. Danie Morkel het proesopies gegooi.
Ian Naudé van Naudé Wyne met sy Langpad 2022.

Die OVP-Akademie se aanlyn leerprogram sal lede van die wêreldwye wynbedryf, media, verbruikers en opvoeders in staat stel om te leer oor die dinamiese ou wingerdstok-kategorie. Die fenomenale sukses van die kategorie die afgelope paar jaar word toegeskryf aan die fokus van sy byna 130 lede om ongelooflike tekstuur, kompleksiteit en geure uit hul wingerde te kry, wat 35 jaar en ouer moet wees om die uiters gesogte seël Certified te mag gebruik.

Die OVP het die Introduction to Old Vines-kursus geskep wat uit 10 modules en ongeveer 25 uur studietyd bestaan. Die modules sal leerders regoor die waardeketting, op restaurantvloere en in die kleinhandelgange, help om die geskiedenis van ou wingerdstokke in Suid-Afrika te verstaan. Dit sal hulle ook in staat stel om te ontdek hoe wingerdboukundige praktyke die ontwikkeling van ou wingerdwyne beïnvloed; leer hoe die wynmaakstyle van ou wingerdstok wyne help om van die  bekroonde Suid-Afrikaanse wyne van die afgelope tyd te skep, en verken hoe die wingerde se terroir en gevoel van plek, help om die wyne van sy lede te maak.

Daarbenewens, en om praktiese kennis aan lede van die wyn- en buite-handel te verskaf, sal modules dek hoe om ou wingerd-wyne voor te sit, te berg en, bowenal, te verkoop. Die OVP glo vas dat die kategorie werklike finansiële beloning aan sy lede moet bring, en hy het van meet af aan gepoog om die lewensvatbaarheid van die Suid-Afrikaanse wynbedryf te verbeter, deur te wys hoe verhoogde kleinhandelpryse vir die ou wingerd-wyne lei tot verhoogde pryse vir boere van ou wingerde.

Nadia sê: “Die Akademie is nog ’n stap om die Suid-Afrikaanse ou wingerdstok-kategorie op ’n gefokusde opvoedkundige platform aan die wêreld ten toon te stel. Ons is uiters dankbaar vir die Imvini Wethu-vennote in Duitsland wie se ondersteuning en befondsing ons in staat gestel het om hierdie baanbrekende projek te ontwikkel.”

Jaco van Niekerk, wynmaker by Piekenierskloof Wyne en sy vrou, Cerina van Cecilia Wyne.
André Morgenthal, die OVP-projekbestuurder, Rosa Kruger, stigter van die OVP, Tina Gellie van Decanter en Nadia Hefer, projek-konsultant en hoof van die ontwikkelingspan vir die OVP Akademie.

Imvini Wethu is ’n wynhandelsmerk wat geskep is deur die Duits-gebaseerde etiket-spesialis Vollherbst Labels, wyn-invoerders Capreo, Linke en Pellegrini, en Petra Mayer, PM Kommunikation, om volhoubare oplossings te lewer om die Suid-Afrikaanse wynbedryf te ondersteun.

Dié ou wingerdstok Cape Blend is gemaak deur die Kaapse Wynmakersgilde Protégé-program, onder leiding van gildelid Andrea Mullineux, en die OVP.

Koelenhof Wynkelder het drie wyne wat deel van die OVP-projek is, te proe aangebied
Jolize van Wyk - Mullineux en Leeu Family Wines met een van Leeu Passant se Cinsaults.
Dié Imvini Wethu ou wingerdstok Cape Blend is gemaak deur die Kaapse Wynmakersgilde Protégé-program, onder leiding van gildelid Andrea Mullineux van Mullineux en Leeu Family Wines, en die OVP.

Die Imvini Wethu-slagspreuk, “Alleen kan ons so min doen, maar saam kan ons soveel doen”, word gedemonstreer deur die span, wat die opbrengs van die wynverkope aan bemagtigings- en erfenisprogramme in die Kaapse wynlande toesê.

Lees ook: Suid-Afrikaanse wynbedryf pronk by dié wynskou

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

13 hours Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

15 hours Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

17 hours Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

19 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

2 days Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.