Foto: Pixabay
1. Geen opwarming en strekoefeninge nie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jy spaar dalk tyd om nie voor die tyd op te warm en agterna te strek nie, maar die prys is hoog. Jou kanse op beserings is groter as jy met koue spiere begin oefen. Ná oefening is jou spiere in ’n verkorte toestand en is dit dus beter om te strek. Dit help ook om lang, soepel spiere te bou, eerder as kort bonkiges.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }2. Swak tegniek
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As jy ’n oefening verkeerd doen, kry jy nie waarde uit die oefening nie en kan jy beserings opdoen. Vra ’n instrukteur se hulp as jy ’n nuwe oefening begin, en konsentreer wanneer jy dit doen. As jy te moeg is om dit reg te doen, is dit tyd vir ’n blaaskans.
3. Moenie op een spiergroep fokus nie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Eerstens lyk dit koddig, maar veel belangriker skep dit wanbalans in jou spiere wat tot beserings kan lei. Moenie net op die trapklimmer werk om jou beenspiere te verbeter nie. Probeer elke week ’n ander masjien om ander spiere te oefen.
Instrukteurs van joga en ander “kopoefeninge” soos pilates sien dat mense in die klas soms sonder rede aan die huil raak. Een van die verduidelikings is omdat die liggaam soms emosies “stoor”, hoewel die kop dit reeds verwerk het. Deur sekere spiere te ontspan, kan jy van die spanning ontslae raak. Die ander teorie is dat jy bloot meer op jou wese fokus as jy dié soort mediterende oefeninge doen en so meer onbewustelike spanning kan identifiseer.
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…
Hierdie webwerf gebruik koekies.