kategorieë: KalenderOntspanning

ATKV Oesfees vier vanjaar 10 jaar

Die ATKV-Oesfees het in 2008 as ’n klein plaasbyeenkoms begin en het oor die jare ’n hoogtepunt op die Suid-Afrikaanse kulturele kalender geword wat selfs internasionale belangstelling lok, in die “Roots Revival’’ beweging.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die musiekprogram verseker ’n variasie van die eg inheemse, ongekunstelde talent van die Franschhoek-vallei, asook optredes deur van ons land se bekendste en geliefde kunstenaars. Die Music van de Caab-projek, geborg deur Solms-Delta en Boschendal Landgoed, streef daarna om die uiteenlopende, musikale erfenis van die landelike Kaap te bewaar, deur onder meer die aanmoediging van plaaslike musikante. Hierdie projek word gelei deur die briljante Adriaan Brand van Springbok Nude Girls. Die Music van de Caab -groepe en -orkeste wat vanjaar by die ATKV-Oesfees gaan optree, sluit in:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Delta-Langbroeke
Klein Handjies-Kinderkoor
Delta Valley Entertainers
Die Soetstemme
Lekker Lekker Delta.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dan is daar ook optredes deur Die Papier Familie Orkes en die gewilde Hannes Coetzee. Bekende groepe en topmusikante wat vanjaar op die verhoog gaan wees is die Radio Kalahari Orkes, Manouche, Brain Cloete, Churchil Naudé, Die Wasgoedlyn, Akkedis, Hemelbesem en Yoma, Les Javan, Riku Lätti, Bacchus Nel, Jackie Lätti, Nick Turner en Tribal Echo. ’n Spesiale hoogtepunt vir die10de herdenkingsfees is ’n optrede deur die wêreldbekende African Jazz Pioneers. Kyk ook uit vir die ATKV-Rieldanskampioene (hooffoto), wat elke jaar vastrap dat die stof so staan en die gehoor aan hul voete het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tradisionele Kaapse geregte soos Waterblommetjiebredie, Braaivleis, Kaapse kerrie afval en Koeksisters sal op die dag gekoop kan word, asook ’n verskeidenheid van Solms-Delta se wyne.\

Kom geniet die dag saam met jou hele gesin. ’n Fees sonder tierlantyntjies saam met gelukkige mense op ’n besonderse plaas.

Toegang

• Spesiale prys indien kaartjies voor 14 Februarie gekoop word: R99
• Kaartjiepryse vanaf 14 Februarie tot 24 Maart: R120
• Kaartjies by die hek op dag van die fees: R150
• Kinders, twee tot 12 jaar: R40
• Kinders onder twee jaar: R1. Elke kind kry ’n feesbandjie sodat die organiseerders weet presies hoeveel mense en kinders op die perseel is.

Koop jou kaartjies hier

• Aanlyn: plankton.mobi
• Computicket: online.computicket.com
• Solms-Delta-proe-lokaal Deli
• Shoprite Checkers

Webtuiste en sosiale media

• Facebook: @DieOesfees
• Twitter: @DieOesfees
• Instagram: atkvoesfees
• Webtuiste: www.oesfees.co.za en www.solms-delta.co.za

Feesnavrae: 021-874 3937

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.