kategorieë: FiksheidGesondheid

Tyd vir oefen!

3 groot gimsondes

1. Geen opwarming en strekoefeninge nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jy spaar dalk tyd om nie voor die tyd op te warm en agterna te strek nie, maar die prys is hoog. Jou kanse op beserings is groter as jy met koue spiere begin oefen. Ná oefening is jou spiere in ’n verkorte toestand en is dit dus beter om te strek. Dit help ook om lang, soepel spiere te bou, eerder as kort bonkiges.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Swak tegniek

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy ’n oefening verkeerd doen, kry jy nie waarde uit die oefening nie en kan jy beserings opdoen. Vra ’n instrukteur se hulp as jy ’n nuwe oefening begin, en konsentreer wanneer jy dit doen. As jy te moeg is om dit reg te doen, is dit tyd vir ’n blaaskans.

3. Moenie op een spiergroep fokus nie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Eerstens lyk dit koddig, maar veel belangriker skep dit wanbalans in jou spiere wat tot beserings kan lei. Moenie net op die trapklimmer werk om jou beenspiere te verbeter nie. Probeer elke week ’n ander masjien om ander spiere te oefen.

Kopoefeninge ontlaai jou emosies

Instrukteurs van joga en ander “kopoefeninge” soos pilates sien dat mense in die klas soms sonder rede aan die huil raak. Een van die verduidelikings is omdat die liggaam soms emosies “stoor”, hoewel die kop dit reeds verwerk het. Deur sekere spiere te ontspan, kan jy van die spanning ontslae raak. Die ander teorie is dat jy bloot meer op jou wese fokus as jy dié soort mediterende oefeninge doen en so meer onbewustelike spanning kan identifiseer.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.