Deur Martjie Roos.
Al hoe meer ouers oorweeg deesdae om verskeie redes tuisonderwys vir hul kinders. Moderne tegnologie maak tuisskool vandag ook soveel meer toeganklik. Wat is die voordele van tuisskool en watter uitdagings moet ouers oorbrug wanneer hulle dié groot stap neem?
Daar’s verskeie redes waarom baie ouers besluit om hul kinders uit die skool te haal om hulle tuis te onderrig. Bekommernisse oor die gehalte van onderwys, afknouery soos boelie of sosiale probleme is maar ʼn paar.
Dr Zelda-Marie du Toit, ’n opvoedkundige sielkundige, sê sommige ouers is oortuig die skool kan nie aan hul kind of kinders se individuele behoeftes voldoen nie, en het dus eerder ’n behoefte aan ’n geïndividualiseerde kurrikulum of tempo.
“Godsdienstige en/of morele onderrig wat nie in openbare skole beskikbaar is nie; gesondheids- en veiligheidsbekommernisse soos siektes en allergieë; en angs of versigtigheid ná die pandemie kan ook redes wees.” Navorsing het getoon dat veiligheid van die skool en bekommernis oor dwelms en groepsdruk ook ’n rol speel, sê Zelda-Marie.
Sy beklemtoon wel omdat tuisskoolouers verantwoordelikheid vir hul kind neem, kan dit tot uitdagings lei om tuisonderwys, werk en persoonlike lewe te balanseer. “Tog geld dieselfde beginsel vir alle ouers: Wat jy insit, bepaal wat jy sal uitkry. Die nadele en moontlike slaggate vir tuisskoolouers is dus nie uniek nie, maar soortgelyk aan dié van ouers met kinders in openbare skole.
“Alle kinders is soos plantjies en met spesiale sorg, tyd en aandag blom en floreer hulle, maar daarsonder trek hulle swaar en kwyn. Vanuit ’n sielkundige oogpunt is dit belangrik om te onthou dat elke omgewing (huis en/of skool) en elke kind uniek is en nie oor dieselfde kam geskeer kan word nie,” sê sy.
Lees die volledige artikel in ons Oktober-uitgawe. Dis nou op die rakke en propvol interessante inhoud!

Hier is tien redes waarom jy ons jongste uitgawe in die hande móét kry.
Lees ook: WEN ’n SKIN Willem Botha Beauty-geskenkpak ter waarde van R2 700!
