kategorieë: Leef gesondGesondheid

Uitgeput? Maak jou maag jou dalk moeg?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Uitputting en vermoeienis is deesdae aan die orde van die dag, en kan toegeskryf word aan al die spanning wat met ons moderne leefstyl gepaardgaan. Die meeste mense blyk moeg, gedreineerd en sonder energie ná ’n lang werksdag te wees. Daar is geen twyfel nie: Om deurlopend aan jou professionele en persoonlike lewensdoelwitte te werk, verg heelwat energie. Met skedules wat tjok en blok vol is, eindelose saktye en min tyd om in vandag se gejaagde kultuur net te ontspan, maak menigte mense staat op kafeïne en energiedrankies om voor te bly. Gelukkig kan die goeie bakterieë in jou maag jou help om jou daaglikse energievlakke op ’n natuurlike wyse in stand te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die goeie bakterieë in jou maag is aan die stuur van vele belangrike funksies in die liggaam, soos om jou te help om kos te verteer, jou immuunstelsel te reguleer, jou bloedsuiker te balanseer en tydelike inflammasie te verminder. Die goeie bakterieë in ons maag het ook ’n invloed op ons senuweestelsel, wat ’n groot rol in ons energiesiklusse speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dis nie buitengewoon om met uitputting én dermprobleme, soos prikkelbare dermsindroom (PDS) te stoei nie. Die verband tussen dermprobleme en moegheid is al jare lank bekend, maar dis eers onlangs dat navorsers die stukkies van die legkaart bymekaar begin sit het. Hulle het ontdek dat versteurings in die spysverteringstelsel met moegheid verband hou, en wat jy kan doen om albei gesond te maak. Om chronies moeg te voel en om dermsimptome soos maagpyn, opgeblasenheid, diarree, hardlywigheid, winderigheid en refluks te toon, beteken heel waarskynlik dat jy ’n geval van ’n lekkende dermkanaal saam met ’n oorgroeisel van slegte dermmikrobiese flora en te min gesonde flora het.

Jy verontagsaam dalk om beheer van die belangrikste aspek van jou algehele welstand en geluk te neem – jou mikrobioom. Dit is die lewende ekosisteem van bakterieë wat in en op jou liggaam woon. Het jy geweet ’n florerende mikrobioom wat van voordelige bakterieë wemel, is een van die belangrikste sleutels tot ’n gebalanseerde en vervullende lewe?

’n Massiewe 80% van jou immuunstelsel is in jou maag geleë, presies daar waar die meeste van jou voordelige bakterieë woon. Dis interessant dat hul keuse vir hul blyplek nie bloot toevallig is nie; hierdie magtige mikrobes is die grootste rolspelers in die ontwikkeling en funksionering van jou immuunstelsel. Die goeie bakterieë in jou maag werk hard om seker te maak jou immuunstelsel is piekfyn. Dit beskerm jou maagwand, wat enige skadelike bakterieë stopsit en doodmaak. Dit leer gevolglik jou immuunstelsel hoe om teenoor ’n verskeidenheid stimuli te reageer.

Wil jy beheer neem? Rawbiotics se probiotika is die beste plek om te begin.

Eerstens help probiotika om die kos wat jy eet af te breek en te verteer sodat jy die voedingstowwe wat jy nodig het om goed te voel, op kan neem. Sonder genoeg van die goeie bakterieë wat jou help om jou kos heeltemal te verteer, beteken daardie gesonde slaai wat jy vir middagete gehad het niks meer as net ’n mooi spysverteringsreiniger nie.

Sekere probiotika soos Rawbiotics vervaardig selfs hul eie energieversterkende vitamien B. Jou vriendelike flora werk ook om jou liggaam se selle te help om jou bloedsuiker in balans te bring sodat jou energievlakke jou nie op ’n tuimeltrein neem nie. Die een oomblik voel jy dalk of jy tussen die mure kan rond bons en die volgende voel dit of jy in modderige sluk verdwyn.

Natuurlik sal ons ’n fout begaan as ons nie ook oor slaap praat nie, want ons almal weet te min slaap kan ook jou energievlakke en welstand negatief beïnvloed. Gelukkig vervaardig en reguleer voordelige bakterieë belangrike neurotransmittors en aminosure (soos serotonien en triptofaan) wat jou help om goeie nagrus te kry sodat jy kan herlaai en op jou beste voel.

Ons het energie nodig om aan die gang te bly. Dit is absoluut noodsaaklik vir jou algehele gesondheid en om jouself van moegheid te genees om jou spysvertering en jou maag se gesondheid te verbeter.

Probiotika kan ’n belangrike rol speel om jou energievlakke ’n hupstoot te gee aangesien dit terselfdertyd saam met jou senuweestelsel werk om hormone te vervaardig, wat noodsaaklik vir ’n goeie gemoedstoestand is. Onthou egter dat probiotika alleen nie genoeg is om vir jou die noodsaaklike energie te gee om te oorleef nie. Dis beter om probiotika met die regte kos en ’n gesonde leefstyl te kombineer om werklik lewenskragtig te voel.

Ons energievlakke het ’n geweldige invloed op ons alledaagse lewe. As ons vir ons liggame dit kan gee wat dit nodig het om ons mae gesond en sterk te hou, dan werk ons magtige klein mikrobes oortyd om ons gelukkig, lewendig en gereed te laat voel om die wêreld aan te vat.

Rawbiotics se probiotika bring die funksionering van die spysverteringskanaal weer in balans en werk om enige wanbalanse wat tot versteurings in die spysverteringstelsel reg te stel. ’n Gesonde, goed gebalanseerde spysverteringstelsel speel ’n baie belangrik rol daarin om ons algehele gesondheid en welstand te versterk.

Vind meer uit: https://www.rawbiotics.co.za/

Lees ook: Kweek jou eie groente!

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Ivan en Donnalee stel nuwe kykNET-reeks bekend

Die aarde het ’n jaar nodig om een keer om die son te beweeg. In…

7 hours Gelede

Oogsiektes onder die vergrootglas: Wat jy moet weet

Deur Christa Swanepoel Oogsorg begin reeds van geboorte af. Pas ná geboorte moet ’n pediater…

10 hours Gelede

Die beste eierbroodjie

Die beste eierbroodjie Lees ook: Spek-en-eier-pasta

11 hours Gelede

Is jy ’n perfeksionis? Hoe vind jy balans?

Deur Maretha Botes Perfeksionisme is ’n tweesnydende swaard. Aan die een kant motiveer dit jou…

1 day Gelede

Besoek Stellenzicht se unieke ekowyn-pod vir ’n uitsonderlike wynproe-ervaring

Soos jy aankom, word jy deur welige wingerde en groen heuwels begroet. Die wyn-“pod” self…

1 day Gelede

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.