Selfverdediging
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Mark Grobbelaar doen al die laaste 35 jaar karate en het Women INpowered begin om vroue te leer wat om te doen as hul veiligheid bedreig word. “My kursus is daar om vroue se ingesteldheid te verander en te bewys dat hulle iets kan doen wat hulle nie gereken het hulle kan doen nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }“Die geheim is om so gou moontlik die persoon buite aksie te stel sodat jy kan wegkom en hiervoor is ’n harde hou teen ’n man se strot baie pynlik en effektief. Dit werk vir alle vroue, maak nie saak hoe oud of onfiks jy is nie. Dit is ook nie ’n vaardigheid waarvoor jy hoef te oefen nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Ek probeer om vroue te bemagtig sodat hulle glo hulle kan wel iets doen. As jy glo jy kan iets nie doen nie, dan kan jy nie. As jy egter vooraf oor die moontlikheid van ’n aanval gedink het en weet daar is iets wat jy kan doen, verander dit jou hele ervaring. Dit bou jou selfvertroue en laat jou in beheer voel. Die hou op die strot is ’n eenvoudige beweging wat nie vaardigheid vereis nie en dit is iets wat jy altyd kan doen.
** Die Women INpowered-kursus bestaan uit vyf lesse van een uur elk wat oor vyf weke strek. Koste is R950 per persoon. Mark het ’n spesiale aanbod vir rooi rose-lesers van R650 per persoon. Kursusse word in Johannesburg, Durban en Kaapstad aangebied. Kontak Mark Grobbelaar by 082 881 6215 vir meer besonderhede.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.