kategorieë: Leef gesondGesondheid

Systap vakansieskete

Al is dit die seisoen van liefde en vrede, is Desember ’n besige, haastige tyd, veral op die paaie en in inkopiesentrums.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Foto: iStock/Neyya

As winkel- en padvarke jou vang

Uit ’n onlangse opname van Pharma Dynamics blyk dit dat Suid-Afrikaners die kwaadste word oor:
• taxi’s
• mense wat indruk – op die pad en in die winkels
• mense wat dink die reëls geld net ander mense maar nie vir hulle nie en mense wat nie asseblief of dankie sê nie, veral as jy spesiale moeite doen.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

As iets ons bloeddruk opjaag, het ons twee opsies, sê Richard Carlson, skrywer van Stop Thinking Start Living: óf dit klits ons om, óf ons leer die kuns aan om ons skouers op te haal oor kleinighede en met ons lewe aan te gaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maklik om te praat, tot die vakansieduiweltjies onder jou vel inklim. Hoe bly jy dan kalm?

Hy sê as jy jou net vir ’n oomblikkie van irritasies kan distansieer, sal jy hulle sien vir die onbenullighede wat hulle is. Maar as jy oor hulle begin tob, knoop jy jouself baie gou in woede en frustrasie in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

’n Irritasie is net ’n irritasie wánneer jy daaroor dink en ás jy dink dit is.

Foto: iStock/ibusca

Buitedinge sónder plooie

Systap die son se UV-strale – en plooie en selfs velkankers.

UV-strale veroorsaak plooie en velkankers. Gelukkig hoef jy nie heelsomer net binne te bly om jou vel op te pas nie, want die UV-vlakke wissel deur die dag namate die weer verander. Accuweather wys op jou slimfoon wat die UV-indeks op die oomblik rég by jou is. Hier kan jy sien wanneer jy veilig buite kan wees, wat jy moet aantrek en watter sonskerm jy nodig het. Dit sal jou ’n hele paar plooie spaar.

Lees ook: Hier’s die regte volgorde waarin jy jou velsorgprodukte moet aanwend

Selfdoen-oplossings

Gaan dokter toe as jou simptome ernstiger is of langer as normaal aanhou.

Pretbederwer Oplossing
Insekbyt Antihistamienroom
Naarheid Gemmertee of gemmerbier
Sistitis 1 teelepel koeksoda in ’n koppie water
Kandida Oor-die-toonbank room
Diarree 1-2 eetlepels Maizena in water
Brandwond Burnshield-jel
Seerplekke Antibiotiese room, betadienroom
Verstuiting en verswikking Koue kompres en ’n rekverband om dit te stabiliseer
Sooibrand Eet ’n rou wortel; Gaviscon
Ooginfeksie Brolene-oogdruppels
Menstruasiepyn ’n NSAID-pynpil soos Ibuprofen, Advil
Hoofpyn Ekstra water omdat hoofpyn dikwels volg na dehidrasie; aspirien of parasetamol
Aambeie Sheriproct of ’n ligte kortisoonroom

Nog ’n wenk: slaap ’n bietjie meer vóór jy met vakansie vertrek. Moeë mense word gouer kwaad.

’n Uitslag

Die spesiale ringetjie wat hy vir jou vir Kersfees gegee het, laat jou vinger bloedrooi vlam en jeuk.

• Jy is waarskynlik allergies vir die nikkel in die ring – en gelukkig nie vir hom ook nie.

• Een uit elke tien mense het ’n nikkelallergie. Dié metaal is oral, want dit versterk ander metale. Jy kry dit in byna alle juweliers-ware en selfs in items van 14 karaat goud.

• Hanteer dit soos ’n velallergie en wend ’n ligte kortisoonroom aan.

• Maar kortisoon kan nie die allergie keer nie, en hoe langer en gereelder jy kontak met nikkel het, hoe erger raak jou reaksie.

• Al wat help, is om daardie ring (of horlosie, kettinkie of oorbelle) af te haal.

• Al is dit neusie verby met jou geskenk, kan jy tog met naellak ’n bietjie dra daaruit optower. Verf ’n lagie in die binnekant van die ring. Dit hou nikkelkontak doeltreffend van jou vel weg, tot die naellak afskilfer. Dit werk ook met horlosies en oorbelle. Verf die agterkant van die horlosie en oorbelle, asook hul steeltjies of aanknippers.

Sonverbrand

Koel die vel af. Staan lank onder ’n kouewaterstort, of lê vir tien, vyftien minute in ’n bad koel water. As net jou arm, been of nek verbrand het, hou ’n yskoue kompres daarop.
Drink ekstra vloeistof. Jy het waarskynlik ook ontwater; drink water, koue melk, ’n rehidrasiedrankie soos Rehidrat, of ’n sportdrankie om die verlore elektroliete aan te vul.
Drink ’n aspirien. Dit stil die pyn, en help die inflammasie sak. Voltaren help ook.
Bevogtig jou vel. Aalwynjel en Burnshield hou die vel vogtig en help die brand bedaar.

Lees ook: Sonslim met sonskerm

Voorsorg is beter as versorg

• Keer sonbrand met alles wat jou daarteen beskerm, soos ’n sonbril, sonskerm en sonsambreel.
• Pak jou elektriese muskietweerder in, of muskietwerende stiffie en room as jy sonder krag gaan wees.
• Was jou hande gereeld en deeglik. Élke keer as jy die huis binnekom en voor jy met kos werk.
• Onthou die veiligheidsgordels – selfs vir die mense wat agter sit.

Rooi lig

• Bly weg van pynpille met parasetamol (vra jou apteker watter dit is) vir babelas. Dit kan jou reeds ooreiste lewer beskadig.

Foto: Fotolia/Savvapanf Photo

Babelas

Baie van ons het dit al oorgekom: een glasie wyn … en nog een of twee, drie. Voor jy weet, staan jy die volgende oggend met kloppende kop, ’n naar kol op jou maag en ’n pap lyf op.

Alkohol is nie net ’n stimulant nie (die rede vir jou vrolikheid gisteraand) maar ook ’n toksien – en die rede waarom jy vandag voel asof al die trokke wat deur Beaufort-Wes ry oor jou lyf
ook is.

Raai wat werk? Die jongste is turksvye as babelasdoepa.

Die Alcohol Hangover Research Group van Boston University Public Health sê byna alles wat ons glo sal help, grens aan nutteloos. Jy voel nie sleg omdat jy gedehidreer is, of omdat jou bloedsuiker baie laag is nie. Alkohol veroorsaak eintlik inflam-masie, en dus jou simptome.

Wat sê hul navorsing kan help?
Drink pynpille in die NSAID-klas soos Neurofen en Ibuprofen wat inflammasie help omkeer.
Eet turksvye ’n Komponent in die sap werk spesifiek alkohol-verwante inflammasie met matige sukses teë.
Maak soos die Japannese Japannese rosyntjietee, ook bekend as die Chinese krui hovensis doen dieselfde … as jy kan kry.
Hidreer Dehidrasie dra tog by tot jou siek gevoel. Drink elke uur ’n glas gewone water.
Laat jou lewer rus Jou lewer werk nou ekstra hard om gister se alkohol af te breek. Vergeet van “regmakertjies”. Dit maak net sy alkohollading groter. Spaar jou lewer ook koffie, kafeïenkoel-dranke en kos wat ryk, romerig of swaar is. Eet liewer klein porsies slaaie, gestoomde vis en groente.

Lees ook: Tieners op tiermelk: Wat ouers moet weet

Foto: Fotolia/makieni

Hardlywig

Die oplossing is so maklik soos om jou knoppie te druk. Volgens ’n ou akupunktuurtegniek kan jy jou derm stimuleer deur elke dag vir ’n minuut lank op jou maag te druk – drie vingerbreedtes onder jou naeltjie.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 week Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.