kategorieë: OuerskapJou lewe

Vakansiewenke vir ouers met jong kinders

Vakansiewenke vir ouers met kinders

1. Pak ’n noodhulptassie met medisyne vir oor-, tand- en maagpyn, diarree en koors.
2. As julle vlieg of langpad ry: pak gesonde snoephappies met ’n lae suikerinhoud in wat kinders nie hiperaktief sal maak nie. Kinders hou oor die algemeen nie van vliegtuigkos nie so pak maar genoeg voedsame kosse soos vrugte, neute, biltong en toebroodjies in vir die duur van die rit/vlug.
3. Pak genoeg water in. Kinders dehidreer maklik en gaskoeldranke vererger dit net.
4. Pak waslappies of wet wipes in vir wanneer daar gemors word (dit gaan gebeur).
5. Pak ’n ekstra stel klere in vir glipsies soos koeldrank wat omval (dit gaan gebeur).
6. Merk jou kind se naam + noodnommers duidelik aan die binnekant van hul klere vir ingeval hulle van jou geskei word op ’n besige lughawe of stasie.
7. Bespreek noodprosedures met jou kinders. Sê altyd dat hulle net daar moet bly staan waar hulle jou die laaste keer gesien het. Hulle MOET nie rondloop en jou soek nie. Jy sal hulle soek.
8. Kry voorgeskrewe medisyne voor julle vertrek en hou dit saam met die voorskrif byderhand. Lande soos Singapoer en Thailand deursoek alles en medisyne word baie noukeurig nagegaan.
9. Maak seker watter soort inentings/pille julle benodig en kry dit lank voor die tyd – sommiges moet reeds twee maande voor die tyd geneem word. Maak seker dis veilig vir kinders. Malariapille is byvoorbeeld nie veilig vir babas nie.
Hier is nog wenke
  • Maak vir jou kinders ’n gelukspakkie vir elke uur op die pad. Sit speelgoed en ’n klein bederfie daarin. Die speelgoed is iets wat hulle vir lank sal besig hou.
  • As jy twee kinders het: skei hulle vir lang ritte in die kar, een voor en een agter. So kan hulle mekaar nie irriteer nie.
  • Dit help as mens die grootste deel van die reis in die nag ry sodat hulle kan slaap.
  • Wanneer jy gereeld reis vir jou werk: Die meeste hotelle het baba-oppassers. Dis goed vir ’n kind om te leer om gedissiplineerd in ’n restaurant te wees. Hulle moet in ander plekke as die Spur kan eet.
  • Gee vir jou kinders ’n langerige stuk tou en vra dat hulle eenvoudige vorms soos ’n koppie daarmee vorm.
  • Dink aan ’n voorwerp soos ’n skaap of ’n rooi blom en sê almal moet kyk wie eerste so iets sien – al is dit ’n prentjie daarvan.
  • Vertel vir hulle ’n storie waarin hulle die ‘helde’ is en Superman, Liewe Heksie of ander gunstelingkarakters ontmoet.
  • Lees ’n jeugboek in die kar voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wanneer jy oorsee reis

  • Sorg dat jy altyd ’n maaltyd en versnapering vir jou kind het. Jou dag is soms onvoorspelbaar.
  • Hou altyd ’n reënoortreksel vir jou stootwaentjie en ’n sambreel byderhand. Dit kan byvoorbeeld hard reën in New York, sommer so ewe skielik.
  • Dit is makliker as wat jy dink om met ’n kind te reis!
  • Kinders is nooit te jonk om kunsgalerye te besoek nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Waarom Android-toestelle veiliger vir kinders is

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

18 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.