kategorieë: TrendsMode

Van mode tot muurkuns: Vanwaar die kunswerk in ons Julie-uitgawe

Van mode tot muurkuns: Vanwaar die kunswerk in ons Julie-uitgawe deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Baz’Art verskaf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die helder mure trek beslis aandag as jy verby die nou strate van Woodstock skuur. Toeriste neem kiekies en plaaslike inwoners voel trots, maar waarvandaan hierdie kunswerke?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Baz’Art is ’n nie-winsgewinde organisiasie wat in 2016 gestig is om die verhouding tussen kuns en Jan Alleman te bemagtig. Hulle bevorder alle soorte kuns wat in Suid-Afrika gebruik word om emosie uit te druk – van graffiti tot vingerverf en fynere kuns.

Deur opvallende kunswerke aan die publiek bekend te stel, wil Baz’Art ’n trots in die plaaslike inwoners, van binne ’n gebied tot regoor die hele Afrika, opwek. Hulle beklemtoon inklusiwiteit, betrokkenheid en gemeenskaplike respek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Kom loer agter die skerms by ons Julie modefotosessie én vind uit hoe jy die maksimalisme-trend kan dra!

Baz’Art se doelwitte steun op drie pilare

Opvoeding

Kuns-onderrig het reeds verskeie voordele op akademiese, kognitiewe, persoonlike en sosiale velde uitgewys. Kuns koester ’n gevoel van behoort en gemeenskaplikheid en bied vir kinders die geleentheid om hul verbeelding te ontwikkel, veral in gevalle waar daar beperkte hupbronne is. Bowenal word kuns aanvaar as ’n brug tussen verskillende kulture – ’n gemeenskaplike taal van dissipline, aanvaarding en interaksie.

Artistieke ontwikkeling

Hoewel Afrika ryk is aan plaaslike kunstenaars en talent, word ons nog kunstenaars nie altyd  soos ander internasionale kunstenaars erken vir hul vlagskip invloed op die uitbouing van geskiedenis, talent en diversiteit nie. Plaaslike kunstenaars is geneig om eerder landuit te gaan om aan ’n toekoms te bou. Baz’Art fokus egter daarop om ’n paneel vir die Suid-Afrikaanse kunstenaars te bou. In ’n omgewing te skep waar kunstenaars vrye teuels het om hul kreatiwiteit en denke te vertoon, kan ontwikkel in vennootskappe, werkskepping en selfs internasionale blootstelling.

Sosiale insluiting

Baz’Art werk met gemeenskappe, skole, sakeondernemings en verskeie ander organisasies om ’n omgewing te skep waar mense hul fisiese en sosiale omgewings kan verbeter. Deur middel van kuns word die voorkoms en persoonlikheid van ’n omgewing beїnvloed en gee sodoende die gemeenskap se trots en gevoel van gemeensaamheid ’n hupstoot. Straatkuns gee ’n unieke identiteit aan ’n spesifieke omgewing en bevorder toerisme op plaaslike en internasionale vlak. Verbeteringe soos sosiale bewusmaking en sentiment skep werksgeleenthede, onder meer deur byvoorbeeld omgewingstoere en ondersteuning aan plaaslike koffiewinkels en mikro-besighede.

Meer oor die kunsmuur in ons uitgawe

Kunstenaar: Tim Marsh. Agter-die-skerm-foto: Bea Lingenfelder

Vertel ons meer van Tim Marsh – die skepper van die muurkuns wat in ons uitgawe verskyn?

Tim is ’n Frans-Spaanse kunstenaar en het sy lewe aan muur- en straatkuns toegewy. Sy werk word onder meer gekenmerk deur die abstrakte en kleurvolle gebruik van geometriese vorms, meer spesifiek driehoeke. Die groottes van die driekhoeke en die kontras in kleur maak die kunswerke as ’n geheel so treffend. Hierdie kunswerk handel oor ’n klein meisie (regs) wat met ’n sterk leeu (links onder) vereenselwig word, maar sy moet dit nog self ontdek deur lewenservaring.

Hoe kies julle die kunstenaars?

Dis eintlik die kunstenaars wat ons kies. Die “word-of-mouth”-kultuur is groot in ons industrie en dus is dit belangrik om jou netwerk so wyd as moontlik uit te brei. Nadat ons ’n versoek ontvang het, vra ons vir voorbeelde van hul vorige kunswerke en ’n konsep-skets wat by daardie jaar se tema inpas.

Hoe speel internasionale kunstenaars ’n rol in Suid-Afrikaanse kunsorganisasies soos Baz’Art?

Al ons kunstenaars neem deel as vrywilligers en word dikwels deur hul eie verteenwoordiger gefinansier. Internasionale kunstenaars het ’n groot belangstelling in Kaapstad en van die wêreld se bekendste kunstenaars kom gereeld kuier vir die ervaring van die kunsrykdom van Suid-Afrika. Hulle deel hul vaardighede en wenke met plaaslike kunstenaars en vorm sodoende ’n verhouding van bemagtiging. In ruil daarvoor ervaar hulle die gestroopte prentjie van Afrika deur weke saam met die inwoners van Soutrivier deur te bring en so hul lewenstyl te bestudeer en te deel.

Hoe verskil Afrika-kuns van internasionale kuns, hoe word daar op die diversiteit en geskiedenis van Afrika gefokus?

Ons het reeds baie talent, maar ook baie talent wat verfyn moet word – soos ’n ongeslypte diamant. Die blootstelling wat Suid-Afrikaanse kunstenaars kry deur middel van internasionale feeste en verhoudings bied ’n wegspringblok vir hul loopbaan.

Hoe word die terrein vir ’n kunswerk gekies?

Daar is vele prosedures om te volg wanneer ons die spesifieke ligging gekies het: die gebou-eienaar, die bure, die raad en dan die stad. Ons maak ’n punt daarvan om die betrokke kunstenaars voor te stel en hul vorige werke bekend te maak. Daardeur volg ’n gesprek wat eindelik ’n finale kunswerk vir daardie spesifieke gebou tot volvoering bring. Ons kunswerke streef daarna om ’n positiewe boodskap uit te beeld, maar gee die kunstenaar steeds ruimte om hom in sy eie styl uit te druk.

Loer gerus op bl. 40 van jou Julie-uitgawe om ons pragtige modestorie te sien!

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

21 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.